Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Lees: Johannes 2:1–11
SOAP: Johannes 2:11
"Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom."
Oordenking
Dwarsdeur die evangelie volgens Johannes bied die skrywer sewe wondertekens wat Jesus verrig. Hierdie tekens was bedoel vir Johannes se lesers om kragtige dade te aanskou wat die realiteit van wie Jesus is sou openbaar. As ons hierdie tekens verstaan en reg interpreteer, vind ons 'n duidelike prentjie van hoe Jesus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe.
Die eerste teken word gevind in die wonderwerk by die bruilof te Kana in Galilea. Jesus het 'n bruilof saam met sy dissipels bygewoon. Kana was 'n dorp naby Nasaret, waar Jesus voor sy openbare bediening gewoon het. Sy moeder was ook teenwoordig, wat aandui dat dit die bruilof van ‘n familielid was. Toe die wyn opraak, het Jesus die eerste wonderwerk gedoen wat in hierdie evangelie opgeteken is. Hy het ses kanne water in kwaliteit wyn verander. Dit was die eerste van hierdie wondertekens wat Johannes opgeteken het. Deur dit te doen, het dit aan sy dissipels geopenbaar dat Hy die Seun van God was. Dit was die begin van sy openbare bediening.
Hierdie verhaal is dalk aan baie van ons bekend. Hoe hard ons ook al probeer om die evangelie volgens Johannes met ‘n nuwe bril te bestudeer, is dit moeilik om die teks sonder enige vooroordele te benader. Daar is interpretasies van hierdie gedeelte wat beweer dat die wyn eintlik nie-alkoholiese druiwesap was. ‘n Ander interpretasie is dat, omdat Jesus die water in wyn verander het, Hy sy goedkeuring skenk aan die gebruik van wyn en ander alkoholiese drankies. Dis maklik om vasgevang te word in die onkruid, om op die fyner detail eerder as die groter prentjie te fokus. Wanneer ons hierdie gedeelte interpreteer deur die klem te plaas op hoe ons as Christene die gebruik van wyn moet benader, mis ons die wonderwerk wat Jesus gedoen het.
Jesus het sy eerste wonderteken verrig deur water in wyn te verander. Johannes het hierdie wonderwerk gebruik in sy vertelling van Jesus se bediening om vir ons te wys dat Jesus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe. Jesus het een ding in 'n ander verander. Hy het die eienskappe van water verander in 'n heeltemal nuwe stof: wyn. Net die Een wat beide water en wyn geskep het, sou so iets kon doen. Jesus wys sy mag oor die skepping, en bewys wat Johannes in hoofstuk 1 gesê het, dat alle dinge inderdaad deur Hom geskep is (1:3). Ons is veronderstel om sy grootheid, sy krag en sy kreatiwiteit in hierdie teken te sien. Ons is veronderstel om sy heerlikheid te sien en in Hom te glo.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/