Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

DAG 7 VAN 43

Lees: Johannes 2:12–22

SOAP: Johannes 2:22

"Later, nadat Hy uit die dood opgewek is, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woorde van Jesus geglo."

Oordenking

Ons Skriflesing vandag bring ons by ’n bekende toneel uit die lewe van Jesus. Johannes het hierdie gebeurtenis aan die begin van sy evangelie opgeteken terwyl Matteus, Markus en Lukas almal die reiniging van die tempel in die laaste paar dae van Jesus se lewe ingesluit het. Die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes het elkeen ‘n ander benadering tot die oorvertelling van Jesus se lewe. Johannes se benadering was om spesifieke gebeure in Jesus se lewe uit te kies en dit so aan te bied dat dit bewys Jesus is die Seun van God en die enigste weg na die ewige lewe. Dit is ‘n strategiese verduideliking van wie Jesus is. As ons dit in gedagte hou, kan ons die bedoeling van die gedeelte beter verstaan.

Toe Jesus tydens die Paasfees die tempelplein betree, het Hy merkbaar kwaad geword. Hy het ‘n sweep gevleg en die skape en beeste en hulle verkopers begin uitjaag. Hy het die tafels van die geldwisselaars omgekeer en die duiwe verkopers beveel om onmiddellik pad te gee. Jesus se reaksie wys hoe korrup die Joodse godsdiensstelsel geraak het.

Die Wet het vereis dat ‘n vlekkelose dier as offerande na die tempel gebring moes word. Die soort dier het afgehang van die soort offer. Eerder as om diere van ver af te bring, kon die mense in Jerusalem vir hulle ‘n offerdier koop (Deuteronium 14:25). Daar is ook vereis dat die mense ‘n tempelbelasting moes betaal as ‘n offer aan die Here (Eksodus 30:13). Die belasting en diere kon nie met Romeinse denarii betaal word nie, en daarom moes die geld vir die tempelgeldeenheid omgeruil word.

Die omruil van geld en verkoop van diere het in die tempelplein geskied. Die tempel was bedoel om ‘n aanbiddingsplek te wees, ‘n plek waar die heiligheid van God deur offers geëer word. In plaas daarvan het die mense dit in ‘n besigheidsplek en ‘n bank omskep. Met hulle optrede het hulle die heiligheid van God en die tempel geminag en dit was vir Jesus verfoeilik.

Die Joodse leiers het geëis dat Jesus moes bewys watter gesag Hy het om hierdie mense uit die tempelplein te verjaag en die hele stelsel te ontwrig. Eerder as om hulle speletjies te speel, het Jesus sy opstanding voorspel. Vers 22 wys vir ons dat Johannes veronderstel het dat sy lesers die afloop van die verhaal ken — dat Jesus gekruisig is en na drie dae weer opgestaan het. As ons hierdie verslag lees met die einde in gedagte, bied dit nog verdere konkrete bewys dat Jesus is wie Hy sê Hy is.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/