Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

DAG 12 VAN 43

Lees: Johannes 4:1–42

SOAP: Johannes 4:13–14

"Maar Jesus antwoord haar: 'Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.'”

Oordenking

Die Jode en Samaritane het nie ooghare vir mekaar gehad nie. Die Samaritane was afstammelinge van die volk Israel en ballinge van die Assiriese ryk. Die Jode was afstammelinge van diegene uit die stam van Juda wat in ballingskap na Babilon weggevoer is. Die Jode het op die Samaritane neergesien omdat hulle afgestam het van die Israeliete wat met vreemde ballinge ondertrou het. Die spanning tussen die groepe het aangehou om toe te neem, en die groepe het selde met mekaar omgegaan. Normaalweg sou die Jode wat van Jerusalem in die suide na Galilea in die noorde gereis het, Samaria geheel en al vermy, al was dit ‘n langer roete. Jesus se keuse om deur Samaria te reis, het getoon dat sy boodskap nie net vir die Jode bedoel was nie, maar vir die hele wêreld.

Die vrou wat Jesus by die put ontmoet het, was in ‘n wanhopige situasie, op soek na vergifnis, beskerming en sorg. Toe Jesus ‘n opmerking maak oor haar vyf vorige mans en haar huidige saamblyery met ‘n man met wie sy nie getroud is nie, het Hy haar behoefte aan ware herstel, onvoorwaardelike liefde en om vry te wees van sonde, beklemtoon.

Jesus het gekom om vroue en mans nes hierdie vrou te red en voor om te gee. Sy was net soos ons almal in sonde vasgevang, desperaat vir genesing, vergifnis en omgee. Vroue in die eerste-eeuse Israel kon nie vir hulleself sorg nie en was van hul mans afhanklik om in hulle behoeftes te voorsien. Hierdie vrou moes van haar sonde en haar desperate behoefte aan voorsiening gered word. Jesus het ingetree, gewillig om haar te red en om aan haar vergifnis en ware lewe in Hom te bied.

Sy het na die put toe gegaan om water — die bron van lewe — te gaan haal. Toe sy Jesus teëkom, het Hy pleks van water vir haar die ewige lewe aangebied. Net soos water die bron van lewe is, is die Gees die bron van lewe. Die Gees bied egter die ewige lewe, wat water nie kan bied nie. Toe die vrou in ‘n wanhoop situasie was, het Jesus haar alles gebied wat sy ooit sou nodig kry: Homself. Net Hy kan vir ons die ewige lewe bied, want Hy is die Seun van God en die enigste weg na die ewige lewe.

Jesus het uitdruklik aan die vrou erken dat Hy die Messias is. Die vrou het Hom geglo. Sy het sy gawe van lewende water aangeneem en vir almal in haar dorp vertel wat sy gesien het. Wanneer ons in Jesus glo vir wie Hy is, sal ons getuienis oorloop na almal met wie ons te doen kry.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/