Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

DAG 17 VAN 43

Lees: Johannes 6:1–15

SOAP: Johannes 6:14

"Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: 'Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.'”

Oordenking

Die vierde wonderteken wat Johannes in sy evangelie opgeteken het, is die voeding van die vyfduisend mense. Dit begin 'n gedeelte van die boek wat by sy slot verder bewys dat Jesus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe. Op hierdie stadium was Jesus naby die See van Galilea (onthou, hierdie evangelie is nie altyd 'n chronologiese weergawe nie). Hy was by sy dissipels en baie mense wat gehoor het van die wonderbaarlike dinge wat Hy gedoen het, het hulle teen die berghang gevolg.

Die evangelie van Johannes sluit slegs sewe wonderwerke van Jesus in (nie insluitende die opstanding nie). Elkeen is vir 'n spesifieke doel gekies. Hierdie teken, om brood vir die menigtes te voorsien, is bedoel om alles voor te berei vir Jesus se eerste aanspraak oor Homself. Die betekenis en belang van hierdie teken word 'n bietjie later in Johannes se evangelie opgeneem.

Hierdie mense het gekom om 'n wonderteken te sien. Sommige was volgelinge van Jesus, sommige was twyfelaars en sommige was politieke aktiviste wat Hom koning wou maak. Maar Jesus het kennis geneem van hulle onmiddellike nood. Hy het kos voorsien vir duisende mense (sommige geleerdes glo dit was ongeveer twintig-duisend mense) uit twee visse en vyf brode.

Nadat die mense geëet en versadig was, het hulle die wonderteken wat Jesus gedoen het, erken. Hulle het ingesien wat Hy gedoen het en dat Hy gesag het. Die mense het geglo dat Hy 'n profeet is, en erken dat sy wonderbaarlike voorsiening soortgelyk was aan die manier waarop Elisa voedsel voorsien het vir die honger en behoeftiges (2 Konings 4:1–7; 4:42–44). Wanneer ons na hierdie teks kyk, sien ons ook ooreenkomste tussen die manier waarop Jesus brood aan die mense voorsien het en die manier waarop God manna vir sy volk in die woestyn voorsien het (Eksodus 16).

Die erkenning van Jesus as ‘n profeet toon die geloof van die mense. Hulle het erken dat Jesus gesag en mag gehad het en die Een was wat beloof is. Hulle was egter verward oor die manier waarop Jesus bedoel was om te kom. Baie wou Hom met geweld koning maak, wat hul gebrek aan begrip van die Skrif sowel as hul gebrek aan geloof toon. Sonder 'n volle begrip van wie Jesus was, kon hulle nie ten volle verstaan dat Jesus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe nie.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/