Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

DAG 18 VAN 43

Lees: Johannes 6:16–24

SOAP: Johannes 6:19–20

"Toe hulle so vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword. Maar Hy sê vir hulle: 'Dit is Ek, moenie bang wees nie.'”

Oordenking

In gister se Skrifgedeelte het ons ooreenkomste opgemerk tussen die manier waarop God manna vir sy mense in die woestyn voorsien het en hoe Jesus brood voorsien het vir diegene wat Hom volg. Vandag sal ons nog 'n ooreenkoms met die Eksodus-verhaal sien, wat wys hoe Jesus op dieselfde manier beheer het oor water as wat God beheer gehad het oor die water van die Rooi See in Eksodus 14.

In die antieke wêreld was die see 'n groot onbekende. Mense het nie die gereedskap gehad om waterdiepte te meet soos ons nou het nie en ook nie die kwaliteit en betroubaarheid van seevaartuie nie. Die See van Galilea word omring deur heuwels, wat dikwels veroorsaak dat storms dwarrel en op lae area van die see gevestig word. Selfs vandag word motoraangedrewe bote aangeraai om aan wal te bly wanneer storms opkom. Die dissipels was bang vir die see en het vasgevang in 'n storm, in 'n hout-, nie-motoraangedrewe bootjie gesit. Natuurlik was hulle bang.

Toe Jesus hulle tydens die storm nader, het hulle Hom nie herken nie. Hy het op die meer geloop, iets wat hulle nog nooit gesien het nie. Jesus het sy mag en gesag oor die natuur gewys terwyl Hy op die see na die boot toe geloop het. Hy het sy dissipels genader, hulle getroos en gesê: “Moenie bang wees nie.” Dadelik het die boot veilig die land bereik. Slegs God Self kon op hierdie manier gesag oor die natuur hê, en in sy optrede het Jesus weereens geopenbaar wie Hy is.

Johannes gebruik hierdie twee tekens om sy lesers te verbind met die wonderbaarlike gebeure rondom die verlossing van God se volk uit Egipte. Sodoende wys hy hoe Jesus dieselfde mag het as God die Vader oor die natuur, om kos te voorsien en om die see te beheer.

God het sy mag en gesag oor die skepping, spesifiek water, gewys toe Hy die Rooi See vir die Israeliete geskei en dit vir die Egiptenare gesluit het. En God het brood aan sy volk in die woestyn voorsien, voorsiening gemaak vir hulle om te lewe deur elke dag manna aan hulle te gee.

Johannes stel sy verhaal op in omgekeerde volgorde en begin eers met die voorsiening van brood toe Jesus die vyf-duisend gevoed het. Daarna het Johannes Jesus se gesag oor water gewys toe Jesus in die middel van die storm op die see geloop het. Hierdie tekens is spesifiek gekies om aan Johannes se gehoor te bewys dat Jesus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/