Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Waarom is die voeding van die menigtes beduidend? Wat wys hierdie teken ons oor wie Jesus is?
2. Hoe is Jesus se Godheid geopenbaar toe Hy op water geloop het? Hoe bemoedig hierdie verhaal jou vandag?
3. Wat het Jesus bedoel toe Hy sê dat Hy die Brood van die Lewe is? Hoe beïnvloed dit jou lewe vandag?
4. Baie mense het Jesus verlaat omdat hulle nie gehou het van wat Hy geleer het nie. Het jy al ooit so gevoel? Wat weerhou jou daarvan om van jou geloof af weg te draai wanneer jy moeilike onderrig in die Skrif vind?
5. Wat glo jy van Jesus? Het jy geloof as gevolg van dinge wat jy van die wêreld gehoor het, of van God? Hoe kan jy die verskil ken? Hoe kan jy seker wees dat wat jy glo, waar is?
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/