Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Lees: Johannes 9
SOAP: Johannes 9:39
"Toe sê Jesus: 'Ek het na hierdie wêreld toe gekom met die oog op 'n beslissing, sodat dié wat nie sien nie, kan sien, en dié wat sien, kan blind word.'”
Oordenking
Die evangelie van Johannes gaan voort met meer wondertekens van Jesus. Tot dusver het ons gesien hoe Jesus water in wyn verander, 'n amptenaar se seun oor afstand heen genees, 'n verlamde op die sabbat genees, meer as vyf duisend mense voed en op die water loop. In die verhaal wat ons vandag lees, het Jesus weer op die sabbatdag genees, hierdie keer 'n man wat blind gebore was. Hou in gedagte terwyl jy vandag lees, dat ‘n deel van Jesus se verduideliking van sy optrede in môre se leeswerk sal voortgaan.
Jesus het 'n man teëgekom wat blind gebore is. Hy het die man genees en die man het in Hom geglo. Later het die man se bure hom herken en probeer uitvind hoe hy weer sy sig gekry het. Hulle het hom na die Fariseërs geneem wat hom toe ondervra het. Die Fariseërs het geëis om meer te wete te kom van Jesus en wat Hy gedoen het. Na hierdie ondervraging het Jesus die man weer opgespoor en verduidelik hoe Hy gekom het om aan blindes sig te gee.
In sy evangelie het Johannes hierdie verhaal op 'n unieke manier vertel en baie verskille uitgelig tussen die man wat blind gebore is en dié wat met sig gebore is. Die blinde man het na Jesus se opdragte aan hom geluister. Hy het geglo dat Jesus 'n profeet was, en later geglo dat Jesus die Seun van die mens is. Die man se blindheid was nie die gevolg van sy sonde nie, en deur sy sig het hy groter begrip gekry van wie Jesus is. Daarteenoor het die Fariseërs, wat die tekens gesien het wat Jesus gedoen het, nie geluister toe hulle hoor wat Jesus gedoen het nie. Hulle het aangedring om die storie oor en oor te hoor. Hulle het Jesus 'n sondaar genoem omdat Hy iemand op die sabbat genees het. Hulle blindheid was geestelike blindheid en was die gevolg van hulle sonde, van hulle weiering om te erken dat Jesus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe.
Jesus, omdat Hy God is, het die gesag om te oordeel. Hy alleen kan sig, beide fisiek en geestelik, aan ons gee. Deur Hom is ons in staat om God te sien wanneer Hy ons oë gee om te sien. As ons, soos die Fariseërs, weier om Hom te erken, is ons blind, nie in staat om te sien wie Hy is nie en skuldig aan sonde. Jesus het die man wat blind gebore is verlos van sy fisieke en geestelike blindheid; daardeur het die man die vermoë gekry om te sien asook te verstaan dat Jesus die Seun van God is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/