Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Wat het Jesus bedoel toe Hy beweer het dat Hy die Lig van die Wêreld is? Waarom was dit 'n belangrike standpunt wat Jesus moes maak?
2. Hoe het Jesus blindes weer laat sien? Hoe word ons blind as ons kies om nie te erken wie Jesus is nie?
3. Waarom is Jesus die Deur? Is daar ander deure wat na die ewige lewe lei? Waarom of waarom nie?
4. Waarom is Jesus die Goeie Herder? Wat doen Hy vir sy skape? Is jy een van Jesus se skape? Hoe weet jy?
5. Wat beteken dit dat Jesus die Opstanding en die Lewe is? Glo jy dit? Wat beteken dit vir jou daaglikse geloof?
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/