Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

DAG 34 VAN 43

Lees: Johannes 13:31–14:31

SOAP: Johannes 14:6

"Jesus het vir hom gesê: 'Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.'”

Oordenking

Die evangelie van Johannes toon baie aspekte van Jesus se openbare bediening. Hy is op baie verskillende plekke en het interaksie met baie verskillende mense. Wanneer die evangelie oorgaan na Jesus se private bediening, het die gebeure wat Johannes beskryf het, binne ‘n paar uur op een plek plaasgevind. Terwyl Jesus sy laaste maaltyd saam met sy dissipels geëet het, het Hy selfs meer geopenbaar van wie Hy is deur twee laaste aansprake.

Judas het uitgegaan, maar baie van die dissipels het nie verstaan wat hy van plan was om te doen nie. Ondanks Jesus wat aangehou het om Homself te openbaar, het die dissipels nie verstaan wat Hy gesê het oor waarheen Hy op pad is nie. Hulle het gedink in terme van ‘n fisiese ligging, ‘n plek waarvan hulle nie geweet het nie. Hulle wou graag voortgaan om Jesus te volg. Toe hulle Hom vra oor die pad na waarheen Hy heen gaan, het Jesus gesê, “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.”

Jesus is die Weg. Hy is die weg na die Vader – niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie. As ons Jesus ken, ken ons die Vader en sonder Jesus kan ons nie die Vader ken nie. Jesus het weereens sy verbintenis met die Vader verduidelik en sy Godheid as die Seun van God bevestig. Hy is die weg, die enigste weg na die Vader.

Jesus is die Waarheid. Hy is die beliggaming van die Woord van God. Hy is die vleesgeworde Woord wat by ons kom woon sodat ons die Vader kan ken (sien Johannes 1). Al God se eienskappe word in Hom bekendgemaak. Wanneer ons sy gebooie gehoorsaam, doen ons dit omdat ons glo dat Hy waarheid is. Omdat Jesus sou teruggaan na die Vader, het Hy belowe om ‘n Voorspraak, die Gees van waarheid te stuur om in sy volgelinge te woon. Die Gees van waarheid woon in diegene wat in Jesus glo en sy getuienis aanvaar.

Jesus is die lewe. Alhoewel die dissipels nog nie verstaan het nie, het Jesus aanhou verwys na sy komende dood. Jesus sou nie dood bly nie: Hy weer leef! Omdat Hy lewe, sal ons ook lewe (Johannes 14:19). Hy is die Een wat mag het oor die dood, mag oor die graf en mag om aan ons die ewige lewe te gee.

Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe.

Dag 33Dag 35

Aangaande hierdie leesplan

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/