Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Lees: Johannes 17
SOAP: Johannes 17:3
“En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.”
Oordenking
Johannes 17 is die laaste hoofstuk waarin Johannes Jesus se private bediening aangewys het. Die manier waarop Johannes sy argument georganiseer het, was om Jesus se openbare bediening te beskryf (insluitend die wonderbaarlike tekens wat Hy gedoen het en uitsprake wat Hy oor Homself gemaak het), Jesus se private bediening, en sy inhegtenisname, verhore, kruisiging en opstanding. Terwyl ons vandag die gedeelte van Jesus se private bediening afsluit, vind ons Jesus, steeds saam met sy dissipels op hul laaste aand, waar hulle tot die Vader bid.
In hierdie gebed het Jesus eerstens gebid dat die Vader deur Hom verheerlik moet word. Jesus het geweet wat kom en Hy het gevra dat die Vader Homself sal verheerlik deur Jesus te verheerlik. Hy het nie vir sy eie eer gevra nie, maar vir die eer van die Vader. Hierdie eerste vyf verse van hoofstuk 17 is bedoel om ons te herinner aan die eerste vyf verse van Johannes se evangelie. Ons word herinner aan Jesus se gesag, sy rol in die skepping, sy ewige natuur en sy gawe van die ewige lewe.
Deur hierdie evangelie is ons ook herhaaldelik vertel dat Jesus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe. Hier kry ons ’n beter begrip van wat die ewige lewe is. Want die ewige lewe beskryf nie net die duur daarvan nie, maar die kwaliteit daarvan. Ons lewenskwaliteit sal ongeëwenaard, onpeilbaar wees, want dit sal gedefinieer word deur ons verhouding met God die Vader deur God die Seun. Deur Jesus alleen kan ons God ken. Nie ’n intellektuele tipe kennis nie, maar ’n verhoudingskennis. Wanneer ons ons geloof in Jesus plaas, wanneer ons glo dat Hy die Seun van God is wat ons deur sy offer van sonde bevry het, kan ons ’n verhouding met Hom hê. Ons verhouding met Jesus, deur Jesus te ken, laat ons die een ware God ken. Die ewige lewe is ’n verhouding met Hom.
Die evangelie van Johannes staan op die punt om 'n verandering te maak. Ons sal nie meer sien hoe Jesus aansprake oor Homself maak of Homself by die godsdienstige owerhede verdedig nie. In plaas daarvan het Hy Homself verneder ter wille van die wêreld. Jesus het vir sy dissipels en vir alle gelowiges gebid voordat hierdie gebeure begin het. Sy liefde vir sy dissipels en alle gelowiges word nie net deur sy gebed getoon nie, maar deur die gebeure wat Hy op die punt was om te verduur om baie mense na Hom te bring. Sonder sy liefde vir ons sou die ewige lewe nie moontlik wees nie. Sonder God se groot liefde vir die wêreld sou Hy nie sy Seun gestuur het om in ons plek te sterf en vir ons die ewige lewe saam met Hom te bied nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/