Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Lees: Johannes 21
SOAP: Johannes 21:24–25
"Dit is die dissipel wat oor al hierdie dinge getuienis aflê en dit beskrywe het, en ons weet dat sy getuienis waar is. Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie."
Oordenking
Dit mag dalk vreemd voorkom dat die laaste woorde van die Johannes-evangelie oor die skrywer eerder as Jesus gaan. Johannes se laaste woorde verskaf egter 'n verduideliking aan die leser hoekom hy vertrou kan word wanneer hy sê Jesus is die Seun van God en die enigste weg na die ewige lewe. Dwarsdeur die evangelie is daar baie kontraste tussen Johannes, die skrywer van hierdie evangelie, en Petrus. Alhoewel dit vir ons as neerhalend mag voorkom om na homself te verwys as "die dissipel wat Jesus liefgehad het", was Johannes se bedoeling nie om homself te verhef ter wille van trots nie, maar eerder om sy betroubaarheid as 'n getuie van die opgestane Christus te bewys.
Tydens Jesus se laaste maaltyd saam met sy dissipels het Johannes langs Jesus gesit en teen sy bors geleun, terwyl Petrus oorkant die tafel gesit het (13:23–25). Na Jesus se arrestasie het Petrus in die binnehof gebly terwyl Johannes saam met Jesus in die huis ingegaan het (18:15–16). Petrus het Jesus daardie nag verloën terwyl Johannes by Hom gebly het tot op die oomblik van sy dood (18:27; 19:27). Toe Maria vir hulle die nuus vertel, het Petrus en Johannes na die plek gehardloop waar Hy begrawe is. Johannes het vinniger as Petrus gehardloop en geglo terwyl Petrus nie verstaan het wat gebeur het nie (20:2–9). En tydens hulle laaste visvanguitstappie was Johannes die eerste wat Jesus op die strand herken het (21:7).
Die kontras tussen die twee dissipels is nie bedoel om vir Petrus te verkleineer nie, want Hy word deur Jesus vrygespreek, nie veroordeel nie. Petrus was die een wat Jesus beveel het om sy skape te voed en op te pas. Toe hierdie waarskynlik geskryf is, was Petrus die leier van die kerk in Jerusalem. As die getuienis van Petrus betroubaar was, was die getuienis van hierdie dissipel, Johannes, net so.
Ons kan glo dat die woorde van Johannes se evangelie waar is. Hy is 'n betroubare getuie van die lewe en werk van Jesus. Terwyl ons ons studie afsluit, besin oor die betroubaarheid van Johannes se getuienis. Glo jy hierdie gebeure is waar? Glo jy Jesus is die Seun van God en die enigste weg na die ewige lewe? Het jy jou geloof in Hom geplaas? Indien nie, bring tyd deur om te ondersoek hoekom jy dalk nie glo nie. As jy wel hierdie woorde glo, deel dit met ander. Want Johannes se getuienis was nie bedoel om net vir diegene te wees wat glo nie, maar sodat die wêreld ook sou weet dat Jesus die Seun van God is en dat ons lewe in sy Naam kan hê!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/