Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Lees: Johannes 20:1–18
SOAP: Johannes 20:17
"Jesus sê toe vir haar: 'Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.’”
Oordenking
Jesus se dood het vir die dissipels skielik gekom. Binne 'n dag het die dissipels 'n maaltyd saam met Jesus gehou om net daarna sy dood aan die hand van die Romeine te aanskou. ’n Paar dae later het Maria Magdalena na die graf gegaan, maar die klip is weggerol en Jesus se liggaam was weg. Sy het nie die wonderwerk wat plaasgevind het, herken nie — dat die Een wat mag oor die dood het, die dood oorwin het. Toe Petrus en die ander dissipel (bekend as Johannes) by die graf aankom, was hulle ook verstom. Johannes het gesien dat Jesus se liggaam weg is en hy het geglo. Die dood kon nie verander dat Jesus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe nie.
Maria het by die graf gebly. Toe Jesus aan haar verskyn het, het sy Hom nie dadelik herken nie. Maria het Jesus herken toe Hy haar naam uitgespreek het — Hy is die goeie Herder, wat sy eie skape by die naam noem (Johannes 10:3). Toe sy sy stem hoor, het sy haar Here herken.
Jesus se volgende opdrag kan vir ons vreemd lyk: Hy het Maria beveel om Hom nie aan te raak nie, want Hy het nog nie na die Vader opgevaar nie. Sy moes eerder vir die dissipels gaan vertel dat Jesus na die Vader toe opvaar. Die opstanding het alles verander. Niks sou dieselfde wees nie. Jesus se opdrag aan Maria het vir haar gewys dat Hy nie dieselfde was nie, hulle verhouding was nie dieselfde nie, en die manier waarop sy en die ander gelowiges hulle met die Vader vereenselwig, was ook nie dieselfde nie.
Jesus was nie dieselfde nie; sy liggaam is nuut, opgewek en heelgemaak. Hy sou na die Vader terugkeer om verheerlik te word. Jesus se instruksies aan Maria het vir haar gewys dat hulle verhouding anders was. Dit was nie dat Maria verbied is om fisiek aan Jesus te raak nie (in die volgende tonele raak baie van die dissipels aan Jesus), maar haar verhouding met Hom was nie meer gebaseer op sy fisieke nabyheid nie. In plaas daarvan was dit gebaseer op sy reddingswerk en haar geloof in Hom.
Voor hierdie oomblik in die evangelie van Johannes, het Jesus na God verwys as sy Vader. Hier noem Hy God “my Vader en jou Vader.” Johannes dui op 'n verandering in die manier waarop die dissipels in verhouding staan met God voor die opstanding. Hulle was nou kinders van God, mede-erfgename van Jesus. As gevolg van Jesus het hulle nou toegang tot die Vader gehad, toegang tot 'n verhouding met Hom en toegang tot die ewige lewe. Die opstanding het alles verander. Omdat Jesus leef, het ons 'n veilige plek in die ewigheid by God wanneer ons in Hom glo. Ons ewigheid saam met Hom is seker en veilig.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/