Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Wat is die ewige lewe volgens Johannes 17:3? Het jy die ewige lewe? Hoe weet jy dit?
2. Waarom het Jesus die owerhede toegelaat om Hom te bevraagteken, te misbruik en te kruisig? As sy koninkryk nie van hierdie wêreld is nie, waar is sy koninkryk dan?
3. Wat het Jesus vir Maria beveel om te doen nadat Hy Homself aan haar geopenbaar het? Hoe word Jesus se medelye met Maria in hierdie toneel getoon?
4. Wat was Johannes se doel met die skryf van hierdie evangelie? Voel jy dat hy hierdie doel bereik het? Waarom of waarom nie?
5. Wat is die hoof boodskap van die evangelie van Johannes? Glo jy Johannes se getuienis oor Jesus? Waarom of waarom nie?
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/