Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Waarom was die owerhede kwaad dat Jesus vir Lasarus uit die dood opgewek het? Waarom het hierdie wonderwerk veroorsaak dat hulle Jesus wou doodmaak?
2. Op watter maniere bly die wêreld in duisternis? Hoe het Jesus, as die Lig van die Wêreld, lig in jou lewe gebring?
3. Watter voorbeeld het Jesus aan sy dissipels (en aan ons) gegee om as sy boodskappers in die wêreld op te tree? Hoe kan jy ook daarvolgens leef?
4. Wat beteken dit dat Jesus die Weg, die Waarheid en die Lewe is? Glo jy dat Hy die enigste weg na God is? Glo jy dat Hy alleen die waarheid is? Glo jy dat Hy lewe gee? Waarom of waarom nie?
5. Verduidelik wat Jesus bedoel as Hy sê dat Hy die ware Wingerdstok is. Hoe kan jy in Jesus bly?
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/