Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Lees: Johannes 11:1–44
SOAP: Johannes 11:25–27
"Toe sê Jesus vir haar: 'Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?' 'Ja, Here,' sê sy vir Hom, 'ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom.'”
Oordenking
Jesus se openbare bediening bereik 'n hoogtepunt met die wonderwerk wat Hy in Betanië uitgevoer het. Hy het reeds baie werke gedoen wat sy krag en gesag aan die mense getoon het. Hy het van Homself getuig en baie het ook van Hom getuig dat Hy die Seun van God is. Ten slotte het Johannes die hoogtepunt van Jesus se openbare bediening, die opstanding van Lasarus, opgeteken.
In hierdie deel vind ons beide die sewende en laaste wonderwerk en nog 'n verklaring van Jesus oor Homself. Toe Marta vir Jesus nader, het sy haar geloof in Hom en haar geloof in die opstanding bely. Alhoewel Marta se betuiging haar geloof in Jesus as die Messias bevestig het, was haar begrip van die opstanding onvolledig. Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe.” Jesus het sy mag verkondig oor die dood en sy mag om lewe te gee. Hy wek nie net die dooies op nie, maar kan ook die ewige lewe gee aan almal wat in Hom glo.
Marta het haar geloof in die opstanding op die laaste dag uitgespreek en bevestig dat Jesus die Seun van God is. Wat sy nie verwag het nie, was hoe die krag van Jesus en die krag van die opstanding haar lewe in daardie oomblik sou verander.
Die laaste wonderteken wat Jesus gedoen het (sy eie opstanding uitgesluit) was om Lasarus uit die dood op te wek. In hierdie wonderwerk het Hy sy aanspraak bewys. Deur sy krag te wys om die dood om te keer, het Hy sy krag getoon om lewe te gee. Baie het die wonderwerke aanskou, insluitend Maria, Marta, Jesus se dissipels en 'n menigte roubeklaers. Hy het sy opstandingskrag in die openbaar vertoon, sy krag om die dood om te keer en lewe te bring.
Voordat Jesus Lasarus opgewek het, het Hy tot die Vader gebid en sy eenheid en gelykheid met God gewys. Hy het vir sy dissipels gesê dat Lasarus sou sterf sodat God verheerlik sou word, en in die opstanding van Lasarus het Jesus eer aan God gegee. Jesus het hierdie wonderteken gedoen sodat baie in Hom sou glo.
Wanneer ons glo dat Jesus die opstanding en die lewe is, wanneer ons glo dat Hy die Seun van God is, gee Hy ons die ewige lewe. In Jesus, alhoewel ons die dood in die gesig staar, sal ons ook die opstanding en die ewige lewe saam met Hom ervaar. Ons is selfs nie in die dood buite die bereik van sy krag nie. Die opstanding verander ons ewigheid en ons huidige omstandighede op maniere wat ons nooit kon verwag nie. Al wat ons nodig het om die krag daarvan te ervaar, is geloof in Jesus.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/