Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

DAG 5 VAN 43

Lees: Johannes 1:43–51

SOAP: Johannes 1:49

"Toe roep Natanael uit: 'Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!'”

Oordenking

Op hierdie punt in die Johannes-evangelie verskuif die fokus van Johannes (vandag word daar gereeld na hom verwys as Johannes die Doper), na Jesus. Die verhaal volg die twee dissipels wat Johannes verlaat het om dissipels van Jesus te word. As gevolg hiervan glo baie geleerdes dat die naamlose dissipel in Johannes 1:40 die apostel Johannes was. Omdat hierdie Johannes se weergawe van die lewe en bediening van Jesus is, maak dit sin dat die narratief sy besluit om Jesus te volg sal beklemtoon.

In vandag se teks het Jesus meer dissipels begin roep. Die eerste twee, Andreas en Johannes, het Jesus gevolg as gevolg van Johannes die Doper se getuienis. Petrus het gevolg omdat Andreas, sy broer, verkondig het dat Jesus die Messias is. Filippus het gevolg toe Jesus hom uitgenooi het om Hom te volg met die woorde: "Volg my," en toe het Filippus vir Natanael aangemoedig om Jesus te volg.

Natanael se reaksie op Filippus se aanmoediging om 'n man van Nasaret te volg, toon 'n mate van plaaslike jaloesie of wedywering. Dit kon óf 'n algemene houding in Galilea óf 'n persoonlike vooroordeel van Natanael wees dat niks goeds uit Nasaret kon kom nie. Natanael het egter sy vooroordeel opsy gesit en Jesus gaan sien.

Jesus het sy krag en alwetendheid bewys toe Hy Natanael ontmoet het. Natanael het Jesus dadelik geglo en verkondig dat Hy die Seun van God is. Natanael is onderrig in die Skrifte en Joodse gebruike en het geweet dat 'n Messias sou kom. Toe hy Jesus gevind het, het hy Hom as die beloofde Messias herken. Natanael het geglo toe Jesus hom iets vertel het wat Hy nie kon geweet het tensy Hy die Seun van God was nie; Natanael het geglo as gevolg van wat Hy Jesus sien doen het.

Natanael se geloofsverklaring, sowel as Jesus se reaksie laat ons onsself 'n soortgelyke vraag afvra: Glo ons in Jesus as gevolg van wonderbaarlike antwoorde op gebed of as gevolg van wie Hy is? Soos ons deur Johannes se evangelie aanhou ontdek dat Jesus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe, sal ons terugkom na hierdie vraag. Mag ons, bo en behalwe die magtige werke wat ons gesien het, ook glo op grond van wie Hy is en die getuienis wat aan ons gegee is.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/