Duik Diep 14Voorbeeld

Deep Dive 14

DAG 14 VAN 14

Die TV program "Animal Planet" het 'n man, iewers in die wildernis van Afrika, gewys wat deur 'n uiters giftige slang gepik is. Die slang het hom in die enkel gepik en die vinnig-werkende gif het gou in sy bloedstroom versprei. Sy vriende het inderhaas met hom na die naaste hospitaal gejaag. Dit het hulle egter etlike ure geneem om vir hom behandeling te kry. Uiteindelik, na veelvuldige gebeure, kon die hospitaalpersoneel die tipe gif identifiseer en die teengif teen die dodelike slanggif toedien.

Dié man se vriende het geweet dat hy sterwende was en hulle het alles moontlik gedoen om hulp vir sy kritieke toestand te kry. In vandag se gedeelte, sal jy sien dat Jesus dieselfde gedoen het, behalwe dat Hy geestelik op diegene in 'n kritieke toestand gereageer het. Jesus het verhoudings gebou met mense wat geestelik sterwend was en dus ernstige hulp nodig gehad het. Sy aangrypende leefstyl was gekenmerk deur liefde, opoffering en om uit te reik na mense wat redding nodig gehad het.

Die afgelope 14 dae het ons nagedink oor hoe belangrik dit is om deel van 'n kerk te word — 'n gemeenskap van gelowiges. Staan vandag tyd af om na te dink oor die mense wat in jou lewe is (bv. skool, werk, woonbuurt) na wie ons Vader jou moontlik wil lei. Baie mense het nog nooit die liefde van ons Vader of die hoop wat Hy gee, ervaar nie. Op watter maniere kan jy doelbewus vir hulle van Jesus vertel? Hoe kan jy hulle aan hierdie idee van gemeenskap bekendstel?
Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Deep Dive 14

Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.

More

Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net