Duik Diep 14Voorbeeld

Deep Dive 14

DAG 9 VAN 14

Jy het sekerlik al die "slagspreuke" teen huise se mure gesien wat as versiering opgehang word. Een van die mees algemene slagspreuke is "Leef. Liefde. Lag". Die idee agter daardie slagspreuke is om die huismense te herinner om elke oomblik voluit te leef, elke dag te lag en onuitspreeklik lief te hê. Wat 'n wonderlike uitdrukking. Kan jy jou lewe egter so voorstel? Kan jy jou lewe deel met 'n groep mense wat daarvolgens leef? Dit is presies wat die Christene gedurende die vorming van die vroeë kerk in hul byeenkomste gedoen het. Dit was nie slegs mooi spreekwoorde wat hulle verenig het nie. Die Gees van God het hulle lewens so drasties verander dat hulle onder mekaar geleef het in liefde en vreugdevolle gelag. Terwyl jy dus vandag oor die vroeë kerk lees, kan jy dalk 'n bietjie tyd afstaan om jouself af te vra: "Het ek sulke verhoudings met ander gelowiges?" Hoe vergelyk jou kerk met die vroeë kerk? Hoe kan julle begin om vandag meer te leef, lekker te lag en mekaar baie lief te hê?
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Deep Dive 14

Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.

More

Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net