Duik Diep 14Voorbeeld
Ons het almal al mense gesien wat redelik selfgesentreerd is. Alles gaan oor hulle. Hulle is behep met wat ander van hulle dink. Sommige gaan selfs so ver om hul foto's op die internet te plaas en ander te vra om hul liggaam of hul gesig te beoordeel. Al praat ons van “sommige mense”, is die waarheid dat ons almal soos daardie persoon op een of ander stadium in ons lewens was. Miskien nie tot die uiterste nie, maar ons weet almal hoe dit voel om goedkeuring van ons vriende te kry en ons hou van daardie gevoel. Die gevaar ontstaan wanneer ons totale identiteit en eiewaarde lê in wat ander van ons dink. Komplimente kan 'n verslawing word, met elkeen wat jou vinniger laat leeg voel. Het jy al ooit in hierdie strik vasgeval?
Een manier om hierdie slaggat te vermy, is om terug te staan en na die groter prent te kyk. Ons is almal geskape om deel te wees van iets veel groter as onsself. As volgelinge van Jesus, is ons geskape om deel te wees van die liggaam van Christus. Watter deel van die liggaam is jy? Neem vandag tyd om jou lewe te ondersoek en vra ons Vader om jou te wys hoe Hy jou geskep het om 'n unieke en lewensbelangrike deel van sy werk in hierdie wêreld te wees.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.
More
Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net