Duik Diep 14Voorbeeld
Diens. Nie die aangenaamste woord wat daar is nie. Dit beteken gewoonlik werk — hoekom moet ons dit doen? Waarom ander vrywillig dien? Wel, daar is 'n presedent daarvoor geskep — deur Jesus. In vandag se leesstuk gaan ons kyk na die voorbeeld van diens wat Jesus vir ons gestel het.
In hierdie gedeelte word twee vlakke van diens gedemonstreer:
1. Jesus is betrokke by die bediening waarvoor Hy lief is – om te onderrig en te preek. (Dit lees ons in die hoofstukke om Johannes 13, al word dit nie direk so verwoord nie. Trouens, dit staan nêrens direk so in Johannes 13 nie, want Hy en sy dissipels is by die geleentheid saam om te eet en te rus).
2. Jesus dien die mense saam met wie Hy werk. Dit is uiteindelik tyd vir 'n ruskans en Jesus kies om tydens sy rustyd sy dissipels te dien.
Soek na maniere om God te dien deur jou grootste passies te gebruik. As jy jou ideale bediening in die kerk kon kies, wat sou jy wou doen? Sal jy in 'n aanbiddingspan wil sing? Dalk 'n prent wil skilder tydens die preek? Help om kinders te onderrig? Wat jy ook al doen, probeer om dit saam met 'n groep te doen. Hierdie groep saam met wie jy dien, kan jou beste vriende word terwyl julle God dien. As jy reeds in die gemeente dien, kan jy dink aan 'n paar maniere waarop jy kan belê in diegene saam met wie jy dien?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.
More
Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net