Duik Diep 14Voorbeeld

Deep Dive 14

DAG 11 VAN 14

Vandag se verhaal begin by 'n vrou, Naomi, wie se man en twee seuns oorlede is. Naomi het die grootste pyn beleef wat sy nog ooit geken het. Haar hartseer was onbeskryflik. Sy besluit toe om die stad te verlaat wat haar gesin se tuiste was en terug te keer na die land waar sy grootgeword het. Sy het beplan om haar twee skoondogters agter te laat sodat hulle weer kon trou en hopelik gelukkige lewens kon hê. Een van haar skoondogters, Rut, het egter geweier om haar te verlaat. Sy was so toegewyd aan Naomi en om God saam met haar te dien, dat sy geleenthede prysgegee het om haar eie geluk na te streef.

Terwyl jy vandag se verhaal lees, moet jy jouself afvra of jy iemand ken wat gemeenskap so nodig het soos Naomi gehad het. Staan dan tyd af om vir hulle te bid. Hoe lei ons Vader jou om hulle te dien?

Skrif

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Deep Dive 14

Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.

More

Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net