Duik Diep 14Voorbeeld
Het jy al ooit 'n tragedie (groot of klein) beleef en iemand vir wie jy lief is, was daar vir jou? Hoe het dit jou laat voel toe daardie persoon daar was om in jou behoeftes te voorsien? In die gedeelte wat jy nou gaan lees, moes die verlamde man onderdanig wees. Terwyl jy lees, dink aan hoe hy sy onderdanigheid getoon het. Neem ook kennis van sy vriende se opoffering.
Wanneer tye moeilik raak, is daar twee kante om Christus deur gemeenskap te ervaar. Aan die een kant is jy dalk die een wat iemand kan help deur van jou tyd, talente en/of besittings te gee. Aan die ander kant moet jy dalk nederig genoeg wees om ander se hulp te aanvaar. Ongeag jou situasie, is ons Vader se liefde beskikbaar wanneer sy kinders wat seerkry na Hom toe kom of vir hulp na Hom gebring word. Staan nou tyd af om jou hart en lewe te evalueer. Dink aan 'n paar maniere om tydens moeilike omstandighede die gemeenskap van Christus te ervaar.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.
More
Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net