Duik Diep 14Voorbeeld

Deep Dive 14

DAG 8 VAN 14

Die Amerikaanse Nasionale Vereniging van Motorwedrenne (NASCAR) beskryf die aërodinamiese glipstroom as volg:
Dit is die aërodinamiese effek wat ontstaan wanneer twee of meer renmotors neus-tot-stert feitlik teenaan mekaar ry en in die proses vinniger as 'n enkel motor kan ry. Die voorste motor sny deur die lug en veroorsaak afwaartse lugdruk, sodat die agterste motor minder lugdruk-weerstand ervaar.
In 'n wedren is elke motor heeltemal apart — aparte motors, wiele, bestuurders, raamwerk, alles. Wanneer die agterste motor egter teen die voorste in sy glipstroom ry, dan ry hulle saam as een.

Vandag sal jy lees van 'n groep mense wat in die Masedonië gewoon het. Hulle was so lief vir Paulus dat hulle groot opofferings gemaak het om hom te bemoedig en te ondersteun. Ons moet liefde aan die liggaam van Christus betoon. Elkeen van ons, as Christene, is deel van die liggaam van Christus. Ons het 'n spesiale verbintenis met ander Christene. In ons lewe maak ons dikwels diegene seer wat ons die liefste het. Het jy al ooit 'n woede uitbarsting teenoor 'n familielid gehad? Het hulle al ooit in woede teenoor jou uitgevaar? Ons maak dikwels mense in ons kerkgemeenskap seer met ons selfsug of harde woorde. Soms maak ons hulle seer met ons onverskilligheid of wanneer ons kliek-groepe vorm. Ons moet leer om ons broers en susters in Christus te koester en liefde aan hulle te betoon, soos die Masedoniërs hulle liefde aan Paulus betoon het. In die wêreld verwag mense algemene hoflikheid. In die kerk moet ons nie gewone hoflikheid verwag nie. Die Bybel leer dat God liefde is (1 Johannes 4:16). As sy kinders moet ons mekaar op 'n buitengewone manier liefhê. Jesus het gesê dat ons mekaar so lief moet hê, sodat die wêreld kan sien dat ons Hom volg.

Ruim vandag tyd in om ons Vader te vra hoe jy 'n mede-gelowige kan bemoedig.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Deep Dive 14

Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.

More

Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net