Duik Diep 14Voorbeeld
Wat beteken die woord "gemeenskap"? Dink 'n rukkie na oor 'n paar dinge wat jy dink gemeenskap illustreer. Hier is 'n paar voorbeelde waarmee jy kan begin:
— Eet maaltye saam.
— Werk saam.
— Ry saam met iemand anders skool toe.
— Speel saam in 'n spansport soos rugby, sokker, netbal, hokkie, krieket.
Aan watter ander dinge kan jy nog dink?
Baie maal wanneer dinge goed gaan, soek ons nie noodwendig ander se gemeenskap op nie. Ons vergeet om mekaar te help of na ander uit te reik. Wanneer dinge goed gaan, voel ons dikwels dat ons niemand se hulp nodig het nie, veral nie God s'n nie. Ons soek dus dikwels eers gemeenskap op wanneer ons iets nodig het.
Hoe sou jy voel as jou beste vriend slegs kom kuier wanneer hy of sy jou of iets nodig het? Hy of sy sou nie so 'n goeie vriend wees nie, of hoe? God wil hê dat ons as gemeente byeen moet kom om Hom te aanbid en om mekaar te bemoedig, beide in goeie tye en in slegte tye. Die tye wanneer dit met ons goed gaan, kan die tye wees wanneer ons daar moet wees om iemand anders te bemoedig.
Lees vandag se Skrifgedeelte en beplan 'n paar maniere waarop jy 'n aktiewe deel van die liggaam van Christus kan wees deur ander vandag te bemoedig!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.
More
Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net