Duik Diep 14Voorbeeld
Oral waar ons gaan, kry ons allerhande raad oor hoe om 'n gelukkiger, gesonder lewe te lei. Hier is 'n paar onlangse voorstelle uit tydskrifte en op webwerwe ens.:
— Ruim tyd in om elke dag vir ten minste 5 minute laf te wees om jou spanning te verminder.
— Oefen elke dag in die vars lug vir ten minste 10 minute om jou selfbeeld te verbeter.
— Slaap vir 15 minute êrens deur die dag om weer energiek te voel en meer produktief te wees.
— Gaan een keer per jaar kerk toe om 'n skoon gewete te behou — wat???
Die laaste item is eintlik nêrens geskryf nie, maar baie mense dink dit is waar. Die probleem is dat dit nie verder van die waarheid af kan wees nie. God het ons geskep met 'n behoefte aan ander wat ons kan bemoedig, liefhê en saam met ons deur die lewe kan gaan. Hierdie soort gemeenskap vind ons in die kerk, maar nie as ons net een keer per jaar gaan nie.
Die boek Spreuke is baie soos die lys hierbo — dit is 'n boek vol goeie raad oor hoe om 'n gelukkiger, gesonder lewe te lei. Dit staan bekend as die boek van wysheid. Vandag se gedeelte kom uit daardie boek. Maak seker jy lees vers 17 'n paar keer. Spreuke 27:17 sê: "Yster slyp yster, vriende vorm mekaar." As gelowiges kan ons mekaar aanspoor om te wees wie God ons geskep het om te wees en om te lewe soos Hy dit bepaal het. Kan jy vandag aan 'n paar maniere dink waarop jy iemand kan "slyp"? Hoe kan jy ander "slyp" deur aktief deel te wees van 'n gemeente?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.
More
Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net