Duik Diep 14Voorbeeld
Het jy al ooit stil geraak om te wonder waarom die dra van klere van bekende handelsname so belangrik is? Ons betaal baie geld om 'n maatskappy se embleem of naam op ons hemde of denimbroeke te dra, net sodat mense kan sien dat ons in die mode is. Eintlik betaal ons om daardie maatskappy te adverteer! Iewers langs die pad, het bemarkingsagente daarin geslaag om ons so te verblind met hulle slim skemas. Ons het dit egter oor onsself gebring. Daar is iets in ons wat verkies om te koop wat ons wil hê, eerder as om dit op die regte en moeiliker manier te verkry. Dit is makliker om gewildheid en aanvaarding van ons maats te probeer koop, deur die "regte" klere te dra, as om jouself in hulle teenwoordigheid kwesbaar te maak. Simon, die man van wie jy vandag in Handelinge 8:9-25 gaan lees, was so gretig om deel van die kerk te wees en die aandag op homself te vestig, dat hy probeer het om geestelike gawes te koop.
Nadat jy vandag se Skrifgedeelte gelees het, kan jy jouself afvra of jy al ooit probeer het om jou pad in die kerk oop te "koop". Neem vandag die besluit om voortaan die harde werk te doen om verhoudings binne die kerk te bou, in plaas daarvan om 'n vinnige manier te soek om aanvaarding te kry.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.
More