Duik Diep 14Voorbeeld
Was jy al ooit in 'n situasie waar jy regtig met 'n goeie vriend moes praat en dié het gesê hy of sy sal jou terugbel, maar dit gebeur nooit nie? Het jy al ooit gewag vir 'n antwoord op 'n aanlynplasing, navraag of teksboodskap wat nooit gekom het nie? Dis 'n slegte gevoel. Iets in elkeen van ons smag daarna om deur ander vertroos te word wanneer ons deur moeilike tye gaan.
In die moeilikste tydperk in Jesus se lewe het Hy sy beste vriende (dissipels) gevra om by Hom te bly — om saam met Hom deur die nag wakker te bly terwyl Hy bid. Hulle het egter aan die slaap geraak. Hy moes só hartseer en teleurgesteld gewees het.
Dit is maklik om te sê: "Hoe kon hulle?" wanneer ons nie "hulle" is nie. Elkeen van ons het waarskynlik al op 'n stadium 'n vriend in die steek gelaat, toe ons regtig nodig was. Ons het dalk een of ander verskoning gehad, maar die waarheid is, wanneer mense nie daar is wanneer ons hulle nodig het nie, maak dit seer, of hulle 'n goeie verskoning het of nie. Wat is 'n paar maniere waarop jy seker kan maak dat jy daar is vir ander, wanneer hulle jou nodig het? God het vir ons die kerk gegee as 'n plek van veiligheid en toevlug. As ons nie daar is nie, kan ons dalk misloop om “daar te wees” vir iemand wat seer het. Is jy deel van 'n groepie of plek van aanbidding wat jy op 'n gereelde basis kan bywoon? Dink net aan al die geleenthede waar jy 'n verskil in ander se lewens kan maak, deur net "daar" te wees.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.
More
Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net