Duik Diep 14Voorbeeld
Vandag se Skrifgedeelte is baie leersaam, omdat die hele gedeelte Jesus se gebed vir sy volgelinge en vir alle gelowiges is. Wanneer jy iemand hoor bid, kry jy 'n geleentheid om te hoor wat werklik in die persoon se hart is. Hierdie gedeelte wys ons wat in Jesus se hart was terwyl Hy vir sy volgelinge gebid het. Hier is 'n paar dinge waarna jy kan oplet terwyl jy lees:
— Hoe belangrik is die eenheid van sy volgelinge vir Jesus?
— Wat is die doel om alle gelowiges te laat saamwerk? (Johannes 17:23).
Jesus het die kerk vir ons gegee as 'n plek waar ons Hom as 'n eenheid kan dien. Dis ook 'n plek waar Hy Homself aan ons bekendmaak, sodat ons Hom teenoor ander kan bely. Wend hierdie week 'n doelbewuste poging aan om te begin, of weer te begin, of voort te gaan om saam met diegene in jou gemeente vir Jesus te aanbid en te dien.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.
More
Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net