Duik Diep 14Voorbeeld

Deep Dive 14

DAG 2 VAN 14

Waarvoor is jy geskape? Vir watter spesifieke doel is jy geskep? Elke persoon het spesiale gawes en talente en is geskep vir 'n unieke doel, maar daar is ook 'n algemene antwoord op al hierdie vrae. Wil jy weet wat dit is?

Wel, dit is NIE om elektroniese boodskappe te skryf nie. So baie tieners hou daarvan om boodskappe vir mekaar te stuur. Al ooit gewonder hoekom? Hierdie elektroniese boodskappies laat ons voel ons het 'n verbintenis met ander. Plasings op Facebook, Instagram en Twitter het ook baie aantrekkingskrag, want dit gaan alles oor sosiale verhoudings. Dis egter soms so maklik om in die aanlyn dramas vasgevang te word, maar wanneer jy afteken, voel jy meer leeg as voordat jy aangeteken het. Alhoewel hierdie elektroniese boodskappe lekker maniere is om digitaal te kommunikeer, is dit belangrik dat ons ook op ander maniere in verhoudings belê.

Dan is daar diegene wat daarvan hou om te presteer en toekennings te kry. Akademiese- en sportprestasies en dies meer — dit is alles wonderlik, maar dit is nie al waarvoor ons geskape is nie.

Ander leef weer asof alles oor geld gaan. Om geld te hê is nie 'n slegte ding nie. Maar selfs al beplan ons om alles weg te gee, is dit steeds nie waarvoor ons geskep is nie.

Die een ding waarvoor ons almal geskape is, is verhoudings. Ons is almal geskape met 'n groot behoefte aan 'n verhouding met God en ook verhoudings met ander mense. Om in verhoudings te wees, beteken om 'n "verbintenis" met mense te hê. Kan jy aan 'n paar spesifieke tye dink toe jy so 'n sterk behoefte gehad het om met ander kontak te maak? Dit is een rede waarom God die kerk geskep het – om sterk verhoudings met ander te bou wat Hom ken, en om Hom dan saam te aanbid. As jy nog nie by 'n kerk ingeskakel het nie, probeer dan om nog hierdie Sondag na 'n kerk naby jou te gaan en daar aan te sluit. Jy het hulle nodig en hulle het jou nodig.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Deep Dive 14

Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspireer kan word.

More

Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net