In Die BeginVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
- Hoe word God se medelye in Jona 3 geopenbaar? Waarom sou God genade bewys aan diegene wat Hom verwerp het en sy volk getreiter het?
- Wat beteken dit om die Here te vrees? Hoe bring dit vir ons lewe eerder as vernietiging?
- Gee Jesaja 55: 8-9 jou vertroosting of vrees? Waarom dink jy veroorsaak dit hierdie reaksie in jou? Waarom is dit belangrik om ons lewens en planne aan God oor te gee?
- Wat kan ons leer deur die geslagsregisters in die Bybel te bestudeer? Waarom, dink jy, wou God hê dat ons die geskiedenis en geslagsregisters van sy volk moes ken?
- Bied Psalm 139 jou vertroosting of angs? Is jy bly dat God al jou dade en jou dae ken, of sou jy verkies dat Hy nie alles van jou weet nie? Hoekom?
Aangaande hierdie leesplan
In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/