In Die BeginVoorbeeld

In Die Begin

DAG 35 VAN 43

Lees: Genesis 10:1–7; Handelinge 17:26

SOAP: Handelinge 17:26

"Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon."


Oordenking

Toe Paulus Athene besoek het, was hy baie ontsteld oor die baie afgodsbeelde wat hy daar gesien het. Hy het selfs ‘n altaar "aan ‘n onbekende god" gesien. Paulus het voor die mense gaan staan en aan hulle begin verduidelik wie hierdie onbekende god is, hoe dit in der waarheid die God van die skepping, die Here van die hemel en aarde is. Paulus het verduidelik hoe hierdie God die hele aarde insluitend die ganse menslike ras geskep het. God het vir elke mens ‘n spesifieke tyd en plek gekies waar hulle moes woon sodat hulle God sou soek en vind.   

As ons die geslagsregisters in die Skrif lees, kan ‘n mens se aandag maklik afgelei raak of jy begin belangstelling verloor oor die inligting wat dit bevat. Bekyk ‘n mens dit egter van naderby, kry jy ‘n baie duideliker prentjie van God se doel en plan met die skepping van die mens. God het ‘n ongelooflike plan gehad toe Hy die aarde geskep het; alles is vir ‘n spesifieke plan, met die spesifieke doel om God te verheerlik. Die mensdom is nie anders nie. God het ‘n spesifieke plan vir elke mens, gesin, familie, gemeenskap en nasie. Hy weet alles en Hy plaas hulle in die tye sowel as op die plekke waar hulle moet woon.  

Wat ‘n ontsagwekkende God! Hy ken ons nie net intiem nie, maar het nog voor ons geboorte al gekies wanneer en waar ons sal woon. Die mense na wie in Genesis verwys word, het families, geslagte en nasies geword wat ‘n groot invloed — ten goede of ten kwade — op die kultuur, nywerheid en kuns van die wêreld uitgeoefen het. Hoewel baie kies om van Hom afvallig te word, is God steeds in beheer en oppermagtig oor elke lid van die menslike geslag. Hy begeer dat niemand verlore moet gaan nie, maar dat almal na Hom toe sal kom. Ongeag wanneer en waar ons woon, God het ‘n plan en ‘n doel met ons lewens tot sy verheerliking.


Gebed

Vader God, U het my met ‘n spesifieke plan en doel geskep om u Naam bekend te maak. Wys vir my hoe ek U vandag kan verheerlik en eer. Help my om ‘n lig vir diegene om my te wees sodat ek hulle na u Seun, Jesus Christus, kan heenwys. Amen 

Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

In Die Begin

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/