In Die BeginVoorbeeld

In Die Begin

DAG 38 VAN 43

Lees: Genesis 10:8–20; Jona 3

SOAP: Jona 3:10

"Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy gesê het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie."


Oordenking

Namate Noag se familie die aarde herbevolk het, het sommige volke God gevolg terwyl ander van Hom afgedwaal het. Nimrod was ‘n magtige jagter wat oor ‘n groot koninkryk geheers het. Hy het die stad Nineve gebou, ‘n stad in die Assiriese Ryk wat bekend was vir geweld, goddeloosheid en boosheid. Die profeet Jona het na Nineve gereis en God se boodskap verkondig. Jona was onwillig om na Nineve te gaan en vir die inwoners te sê om hulle te bekeer, nie omdat hy bang was vir sy lewe nie, maar omdat hy besorg was oor God se medelye. Jona het die Nineviete gehaat en wou hê dat God hulle geheel en al moes uitwis, nie barmhartigheid aan hulle betoon nie.

Tog het mense van Nineve hulle van hulle boosheid bekeer (al was dit net vir ‘n ruk). God het van sy vernietigingsplan afgesien en nie oordeel oor die stad voltrek nie. Sy barmhartigheid het die mense van Nineve verstom, maar Jona was nie verbaas nie. Jona wou hê sy vyand moes vernietig word en hy was (ten minste aanvanklik) ontsteld oor God se deernis.  

Jare later het die stad Nineve teruggekeer na hulle goddelose lewe. Die profeet Nahum het gepraat van God se beloofde vernietiging van die stad Nineve as gevolg van hulle blatante opstand teen God en hulle boosheid teenoor God se volk. God het die stad Nineve saam met die res van die Assiriërs vernietig.

Die nalatenskap van Nineve herinner ons aan die omvang van God se karakter. Hy is in beheer en sy optrede mag ons begrip te bowe gaan. Ongeag of Hy kies om genade aan die goddeloses te betoon of om wraak uit te oefen, sy karakter bly dieselfde. Sy goedheid en heiligheid word deur sy dade geopenbaar, of ons nou glo dat dit by ons eie belange inpas of nie. Maar ons kan Hom vertrou. Hy het die aarde geskape. Hy het elke mens uitgekies en besluit wanneer en waar ons sal woon. Hy het ‘n plan en ‘n doel en ons kan op sy karakter vertrou.


Gebed

Here God, help my om op u karakter te vertrou. Ek glo dat U goed is, nie net vir my nie, maar ook vir alles wat U geskep het. Ek weet ek kan u optrede vertrou, selfs al verstaan ek dit nie. Help my om te glo dat U altyd ter wille van u heerlikheid en my beswil optree, en help my om te rus in u weergalose goedheid, barmhartigheid en liefde. Amen.

Dag 37Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

In Die Begin

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/