In Die BeginVoorbeeld

In Die Begin

DAG 41 VAN 43

Lees: Genesis 11:10–26; Matteus 1:1–17

SOAP: Matteus 1:16

"En Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word."


Oordenking

Die boek van Genesis is deur Moses geskryf gedurende die veertig jaar wat die Israeliete in die woestyn geswerwe het. Die boek is geskryf vir 'n geslag Israeliete wat die beloofde land, Kanaän, sou binnegaan. Baie van hierdie Israeliete is in Egipte in slawerny gebore, maar baie van hulle is ook tydens die swerftog deur die wildernis gebore. Diegene wat Egipte geken het, was jonk toe hulle vertrek het en hulle het die grootste deel van hulle lewe gewag dat God sy belofte moes nakom om hulle na die beloofde land te bring.

Hierdie eerste hoofstukke van Genesis beskryf die manier waarop die aarde geskep is en die mense wat dit bewoon het. 'n Israeliet wat die geslagsregister in Genesis lees, sou die name herken het uit die verhale wat aan hulle vertel is. God het ’n belofte aan Abraham gegee en hierdie Israeliete het geweet dat dit hulle die vrug van daardie belofte was. 

Wanneer ons vandag die geslagsregister in Matteus lees, het ons ’n soortgelyke perspektief as die Israeliete toe Moses Genesis geskryf het. Die Israeliete het geweet wie Abraham was, wat hy sou doen en wie sy kinders sou word. Wanneer ons die geslagsregister van Jesus lees, weet ons wie Hy is, wat Hy gedoen het en wat van sy volgelinge sou word.

Die Israeliete lees Genesis 11, wetende dat God reeds ’n deel van sy belofte vervul het. Hy het Abraham ’n groot nasie gemaak, maar ’n deel van die belofte sou nog kom: die erfdeel van die land. As ons na die lewe van Jesus kyk, weet ons dat God reeds ’n deel van sy belofte vervul het: Hy het Jesus, die Messias, gestuur wat die sondes van die wêreld weggeneem het. Vandag wag ons nog op God om die res van sy belofte na te kom: Christus se wederkoms en heerskappy. Ons God is dieselfde God. Hy is die Beloftemaker en Beloftehouer. Hy het sy belofte aan Abraham nagekom en Hy sal inderdaad sy belofte aan ons nakom.


Gebed

Here God, U is die Beloftehouer. U het belowe om u Seun as die Messias te stuur om ons van sonde te red. U het dit gedoen. Ek glo in u belofte dat Jesus weer sal kom om te oordeel en te regeer. Dankie dat U oor en oor in u Woord u karakter as Houer van beloftes aan my wys. Amen. 

Dag 40Dag 42

Aangaande hierdie leesplan

In Die Begin

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/