In Die BeginVoorbeeld

In Die Begin

DAG 42 VAN 43

Lees: Genesis 11:27–32; Psalm 139:13–16

SOAP: Psalm 139:16

"U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is."


Oordenking

Die boek Genesis beskryf die oorsprong van God se volk. Hoofstuk 1–11 beskryf die manier waarop God die hemel en die aarde en alles daarin geskape het. Dit openbaar die krag van God in die skepping, die toorn van God teen die sonde en die medelye van God vir sy volk. Dit wys ook God se ongelooflike, ingewikkelde, gedetailleerde plan vir die mensdom. 

God het beplan om die mensdom in die wêreld te bring, wetende dat hulle teen Hom sou rebelleer. Selfs van die begin af het God ons verlossing beplan en georkestreer. Hy het ’n gesin gevestig en daarna ’n volk wat sy verteenwoordigers in die wêreld sou wees. Genesis 1–11 stel hierdie gesin, die familie van Abraham bekend en voorspel God se verlossingsplan. 

Die temas in Genesis 1–11 laat ons toe om met die karakter van God te worstel. Soms het God dinge gedoen wat ons nie verstaan het nie. Soms het God presies gedoen wat ons gehoop het Hy sou doen. Soms het God uit sy pad gegaan om sy volk met genade en barmhartigheid te oorlaai. God werk op dieselfde manier vandag in ons lewens. Ons is in staat om na Hom te kom met ons vrae, om vergifnis te vra, sy medelye te soek en in sy liefde te rus. 

God het die aarde gesien voordat dit gevorm is. God het die familie van Abraham, die stamvader van die Messias, gesien voordat Hy ’n enkele mens geskep het. God sien ons vandag in ons lewens. Hy ken die intieme besonderhede van wie ons is en wat ons nodig het. Hy het al ons dae bepaal, die plekke en tye waarin ons leef en wat ons sou dink en doen nog voordat een van hulle ontstaan het. Ons kan op God vertrou. Ons kan seker wees van sy karakter en sy beloftes, selfs as ons oorweldig word met vrae. Hy is genadig en barmhartig, word nie gou kwaad nie en is ryk aan getroue liefde. 


Gebed

Here God, ek is verstom oor U werke. Ek is verstom oor u krag, u medelye, u liefde en u geregtigheid. Help my om op U te vertrou as ek u optrede nie verstaan nie. Help my om in U te glo as dit lyk asof my wêreld uitmekaar val. Help my om in u teenwoordigheid te rus. U het al my dae bepaal. Ek het U lief Here. In die Naam van Jesus. Amen.


[Bronteksverwysings]

Ross, Allen P. Creation and Blessing: A Guide to the Study and Exposition of the Book of Genesis. Grand Rapids, Michigan: Baker Book House, 1998.

Dag 41Dag 43

Aangaande hierdie leesplan

In Die Begin

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/