In Die BeginVoorbeeld
Welkom by ons In die Begin Bybelstudie.
Hierdie Bybelstudie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddellike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
Ons gaan onwrikbaar en diep delf in die uitdagende teologiese konsepte en vrae wat ons almal in ons geloof teëkom. Soos ons die manier bestudeer hoe God in die begin die mensdom geskep het en met hulle gekommunikeer het, kan ons baie leer oor hoe Hy vandag in ons lewens en in ons wêreld werk.
Baie dankie dat julle by ons aansluit vir hierdie studie!
S.O.A.P.
Hier by Love God Greatly Afrikaans, gebruik ons die SOAP-metode vir ons Bybelstudies. Die SOAP-metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te S.O.A.P. en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.
Wat beteken S.O.A.P.?
S – Die S staan vir Scripture – jy skryf die teksverse neer ... jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar in sy Woord deur net die tyd te neem om die verse neer te skryf!
O – Die O staan vir Observation – wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?
A – Die A staan vir Application – Dit is wanneer die Woord van God persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, toepas in my eie lewe? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?
P – Die P staan vir Prayer. Bid die Woord van God terug na Hom toe. As Hy iets aan jou geopenbaar het gedurende hierdie tyd in sy Woord, bid daaroor. Bely as Hy vir jou op sonde in jou lewe gewys het.
Inleiding:
Die eerste elf hoofstukke van Genesis kan moeilik wees om te verstaan. Alhoewel daar vandag wêreldwyd baie debatte is oor die ware betekenis van hierdie gebeure, kan ons berus in die waarheid dat God se Woord ons presies bied wat ons nodig het om toegerus te wees vir goeie werke (2 Timoteus 3:17), selfs in ons onsekerheid. Die boek Genesis as geheel vertoon die karakter van God sy vriendelikheid, kreatiwiteit, heiligheid, regverdigheid, toorn, krag en majesteit word op elke bladsy duidelik uitgebeeld.
Genesis 1–11 beskryf die manier waarop God die wêreld geskep het. Hierdie hoofstukke is geskryf om die heiligheid van God te belig en te wys hoe die mens sy beeld dra. Hulle toon God se getrouheid teenoor diegene wat Hom volg, asook die manier waarop Hy met diegene handel wat, in opstand teen Hom, van sy weë afgewyk het. God se kreatiwiteit word in die skeppingsverhaal ten toon gestel, sy heiligheid word gesien wanneer Hy met sonde handel, sy medelye is duidelik wanneer Hy na sy volk omsien, sy mag en gesag oor die skepping word in die sondvloed gesien en sy genade word getoon in sy belofte van toekomstige verlossing vir die sondige mensdom.
Die meeste evangeliese geleerdes is dit eens dat Genesis deur Moses geskryf is gedurende die tyd toe die Israeliete in die woestyn Sin rondgedwaal het, in ongeveer 1440 v.C. Die woorde van Genesis is aan die generasie Israeliete geskryf wat hulle voorberei om in die beloofde land Kanaän in te gaan en dit te bewoon. Die woorde in die boek Genesis het hulle herinner aan wie hulle God is en hoe dit lyk om met Hom te wandel.
In hierdie Bybelstudie gaan ons die eerste elf hoofstukke van Genesis bestudeer en die begin van die skepping, sonde, genade, verlossing en belofte ontdek. Ons kan leer om God groots lief te hê deur sy karakter te bestudeer, veral die aspekte wat uitdagend is en meer vrae in ons geloof laat ontstaan. God toon sy krag en liefde in die manier hoe Hy met die mensdom omgaan. God is getrou aan sy volk, sy beloftes en sy verbond. Sy kreatiwiteit word uitgestal en dit herinner ons aan die grootheid van sy vermoë. Mag ons ons harte oopstel vir alles wat Hy vir ons wil leer, in die verwagting dat Hy Homself op nuwe maniere aan ons sal openbaar terwyl ons Hom soek.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/