In Die BeginVoorbeeld
Lees: Genesis 1:6–8; Job 38:19–30
SOAP: Job 38:25–27
"Wie het vir die stortreën 'n pad oopgekap en vir die donderwolke hulle koers bepaal sodat dit reën in 'n land waar nie mense is nie, in 'n woestyn waar niemand woon nie en 'n droë, dor land deurnat word, sodat daar groen gras uitspruit?"
Oordenking
Op die tweede dag het God die hemelruim geskep. Vir ons kan "hemel" lyk soos 'n vreemde ding om te skep, omdat dit lyk soos 'n leë ruimte. God het 'n groot doel gehad toe Hy die hemelruim geskep het, en het dit gebruik as 'n manier om water van water te skei. God het die water geskei in wat ons vandag ken as "see" en "atmosfeer".
Die hemelruim is veel meer as net leë ruimte. God se krag en kreatiwiteit word elke dag daarin vertoon. Die hemelruim is die plek waar duisternis en lig leef. God skep elke oggend en elke aand 'n sonsopkoms en sonsondergang wat nie net uniek is vir elke dag nie, maar ook vir elke plek op aarde. O, die wonder van God se verbeelding!
Die hemelruim is ook die tuiste van die sneeu, hael, weerlig, wind, reën en donderweer. Toe God Job ondervra het, het Hy meer van sy bedoeling en doel met elkeen van hierdie natuurelemente getoon. Sneeu en hael is gereserveer vir tye van oorlog. Weerlig word op spesifieke plekke gerig. Reën word gestuur om 'n uitgedroogde wildernis nat te lei.
God het 'n plan gehad toe Hy die hemelruim geskep het. Hy het die elemente van wind en reën en weer vir verskillende doeleindes geskep. Hy onderhou elkeen met sy hand. Hy is in beheer van die weer, die beweging van storms en die wissel van seisoene. Niks in die natuur vind plaas sonder sy goedkeuring nie.
As God vertrou kan word om die hemelruim en die weer, met al sy besonderhede en ingewikkeldheid te skep en te onderhou, hoeveel te meer kan Hy vertrou word om ons in ‘n oomblik van nood te onderhou? Ons kan sy karakter vertrou in enige omstandighede, krisisse of oomblikke van oorwinning. As Hy 'n plan het vir die reën, het Hy beslis 'n plan vir jou en vir my.
Gebed
Here God, U is magtig en kragtig. Ek staan verstom oor die manier waarop U alles onderhou en skep. U het 'n plan vir alles in die skepping, selfs elke druppel reën. Help my om U te vertrou met my lewe en die dinge wat my oorweldig. Help my om hierdie dinge aan U oor te gee. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/