In Die BeginVoorbeeld

In Die Begin

DAG 39 VAN 43

Lees: Genesis 10:21–32; Spreuke 19:23

SOAP: Spreuke 19:23

"Die vrees van die Here is tot die lewe; en versadig bring ’n mens die nag deur, sonder om deur onheil besoek te word."


Oordenking

Een van die hooftemas van Genesis is die belangrikheid daarvan om die Here te vrees. Wanneer mense God gevrees het, is aan hulle seëninge en lewe gegee. Toe hulle van God afdwaal en in opstand kom, het hulle oordeel of vernietiging teëgekom. Die skrywer van Genesis het dit duidelik gemaak in die beskrywing van Henog en aangedui hoe sy getrouheid aan God hom daarvan weerhou het om 'n fisieke dood te sterf. Diegene wat God gevrees en gevolg het soos Abel, Noag en Sem is geseën, terwyl diegene wat teen God in opstand gekom het, soos Kain en Gam, vervloek en veroordeel is. 

Die begrip om God te vrees, beteken meer as eerbied of ontsag. Dit beteken inderdaad dat ons Hom moet vrees. Vir mense soos Noag het die vrees van die Here beteken dat hy Hom letterlik vrees. Noag het gesien waartoe God in staat is en wat Hy doen aan diegene wat van Hom afvallig geword het. Noag het God gevrees. Tog het Noag ook 'n verhouding met God gehad. 

As ons God vrees, vrees ons inderdaad sy toorn oor ons sonde. Maar die vrees van God lei ook tot 'n begrip van sy karakter. God betoon aan sy volk (en selfs sy vyande, soos Nineve) medelye en liefde. Hy smag daarna om 'n verhouding met ons te hê. Ons verhouding met Hom lei ons om sy liefde te ken, wat vrees uitdryf (1 Johannes 4:18). 

Die vrees van die Here lei tot 'n bevredigende lewe. Om God te vrees beteken nie dat die lewe vol materiële seëninge, volmaakte dae en gesonde liggame sal wees nie. Om God te vrees beteken dat ons tevrede in Hom is en Hom alleen, ongeag in watter omstandighede ons ons ook al bevind. Om God te vrees, lei daartoe dat jy Hom leer ken. As ons sy liefde ken en verstaan, word ons geseën deur sy teenwoordigheid.


Gebed

Here, ek vrees U. As u kind wil ek U volg, nie net omdat ek die grootheid van u toorn verstaan nie, maar omdat ek die groot liefde leer ken wat U oor my uitstraal. U is vol deernis en barmhartigheid. Help my om ten volle in U tevrede te wees. Amen.

Dag 38Dag 40

Aangaande hierdie leesplan

In Die Begin

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/