In Die BeginVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
- Hoe herinner Psalm 29:10-11 ons aan God se opperheerskappy?
- Waarom is dit belangrik dat ons God loof en prys? Het God ons lof nodig? Waarom vra God dat ons Hom moet loof en prys?
- Hoe herinner die reënboog ons aan God se getrouheid? Watter ander tekens van sy trou het God jou al gegee?
- Hoe het God sy beloftes in jou lewe vervul? Watter temas of beloftes kom telkens na vore in jou geloofspad wat jou herinner aan God se getrouheid?
- Hoe vertroos Handelinge 17:26 jou? As God weet wanneer en waar jy sou woon, hoe kan jy rus, ongeag van wat vandag vir jou voorlê?
Aangaande hierdie leesplan
In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/