Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se HartVoorbeeld

Finding Joy in the Rooms of a Mother’s Heart

DAG 3 VAN 10

Die Fondament

Soos met enige gebou word die kapasiteit vir die hoogte en gewig van die huis deur die fondament bepaal. Sonder 'n sterk fondament is die hoë koste vir herstelwerk amper vir seker in die nabye toekoms.

Die kapasiteit van wat jy kan bereik, as 'n vrou en ma, is van die fondament van jou geloof afhanklik. As jy verwag dat jou lewe ondersteun moet word deur die fondament wat jy gekies het, moet jy tyd afstaan om 'n stewige fondament te bou wat die storms van die lewe sal kan weerstaan.

Ek glo dat jy jou huis op fundamentele waarhede moet bou. Indien hierdie waarhede afgeskeep of oorgesien word, kan dit krake van ongeduld, woede, bitterheid en onstabiliteit in jou gesin veroorsaak. Deur egter klem te lê op die nodige fundamentele waarhede en jou huis op hierdie rots te bou, sal jou huis standvastig wees ten aanskoue van enige onoorkombare oormag.

Die grootste gawe wat jy vir jou kinders kan gee is die fondament wat slegs die Bybel verskaf. Ek verwys nie daarna dat jy vir hulle moet preek nie, maar dat julle die Bybel elke dag as gesin moet koester.

Jou kinders moet weet dat sekere goed in die lewe nooit verander nie — hulle moet weet, al ontwikkel die kultuur om hulle, daar een vaste koers is waarop hulle kan staatmaak. Die waarheid in die Skrif is die waardevolste produk waarop 'n gesin hul lewens kan bou. Wonderwerke vind plaas in elke gesinslid se lewe in die huis waar die Bybel geëer word. 

Jou tieners gaan makliker deur hul tienerjare kan koershou in reinheid en geregtigheid wanneer jy die Woord van God koester en jou kinders aanmoedig om God se beloftes te memoriseer.

Kinders leer die dinge waarmee hulle saamlewe. As hulle liefste mamma die Bybel lees, gaan hulle ook die waarde en geluk beleef wat in die heilige blaaie van die Skrif gevind word. Ek het altyd geweet dat ek nie vir my kinders aardse skatte as nalatenskap kan agterlaat nie, maar ek is meer as bekwaam om vir hulle iets te gee wat nooit sal vergaan of oud word nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding Joy in the Rooms of a Mother’s Heart

Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod