Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se HartVoorbeeld
Die biblioteek
Ek wou nog altyd 'n biblioteek in my huis gehad het. 'n Kamer wat eksotiese boeke van die grond tot die dak huisves. 'n Biblioteek is 'n plek van rus, leer en verbeelding. Ek glo dat elke keer wat my gedagtes die opwindende, tog rustige, kamer van my verbeelding binnegaan, my hart vinniger sal klop met die adrenalien van afwagting.
Ons kan aanneem dat woorde belangrik is in God se koninkryk, aangesien die Bybel Hom beskryf as die Woord. Jy, as ma, moet 'n inspirerende skatkis van 'n biblioteek in jou hart hê as jy jou kinders se opvoeding 'n voorsprong en soliede fondament vir toekomstige akademie wil gee. Jy moet hardop vir jou kinders lees en boeke vir hulle verjaarsdae, Kersfees en ander spesiale geleenthede gee. Julle moet die tegnologie skerms afskakel en vir hierdie beïnvloedbare mensies wat jy ontvang het, verhale en avonture van kindwees lees.
Jou kinders gaan leer om lief te wees vir dit waarvan jy liefdevol vir hulle 'n voorbeeld stel. As jou kinders die gawe gekry het van 'n ma wat lees, gaan hulle ook ontwikkel as liefhebbers van boeke. Die gewoonte om te lees versterk jou pad met die Here en ontwikkel jou kinders se geloof.
Woorde het die krag om te verander, te vergroot en te onderrig. Die boeke in jou gesinshuis moet van jou kinders se beste vriende word. As jy lief is vir boeke is dit baie moontlik dat jou kinders ook sal wees. Boeke kan kinders op enige ouderdom roer en hulle leer om die uitdagings van die lewe aan te pak.
Een van jou mees tydrowende take as bibliotekaresse van die gesinshuis is om te weet watter boek op watter ouderdom aan jou kinders voor te stel. Jy moet altyd 'n nuwe boek byderhand hou, of dit nou uit die biblioteek, 'n geleende boek, of 'n nuwe boek vir 'n spesiale geleentheid is. Boeke moet uitgedeel word soos gesonde maaltye, drie keer per dag. Daar moet nooit 'n droogte van boeke in jou huis wees nie, en die woorde: "Mamma, ek het niks om te lees nie," moet nooit in jou huis gehoor word nie.
Aangaande hierdie leesplan
Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.
More