Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se HartVoorbeeld
Die Klaskamer
Ek sal altyd die gevoel onthou wat in my kinderhart die aand voor die eerste skooldag opgekom het. Ek was so lief vir die skool en alles wat daarmee gepaardgaan!
In die klaskamer van jou hart kan jy dalk die diepe roepings en doel waarvoor jy gebore is ontdek. In die klaskamer van jou hart sal jy jou hoe en hoekom kan beantwoord. Moederskap is beslis 'n baie uitdagende klaskamer van die lewe. Die lesse wat geleer en hopelik verstaan word, sal jou help om nie net 'n beter ma te wees nie, maar ook 'n beter vrou, suster, dogter en vriendin.
Jou geboortedag is 'n baie belangrike dag, alhoewel die dag waarop jy ontrafel hoekom jy gebore is, is belangriker en het 'n groter impak. Die dag wanneer jy jou lewensdoel ontdek, hoekom God jou geskep het, hoekom die geskiedenis sonder jou unieke insette en vingerafdrukke onvolmaak sal wees, is 'n dag in enige mens se lewe wat met ongeëwenaarde betekenis uitstaan.
Om bloot 'n mens se lot te ontdek, bied nie genoeg inligting om te verseker dat jy 'n lewe met 'n Goddelike doel en krag kan lei nie. Om die impak van jou lewe te versterk, moet jy weet hoe.
Dis in die klaskamer van jou hart waar jy die "hoe" leer. Jy word meer gedefinieer deur jou hoe as jou wat. Ek het geweet wat ek is: 'n Ma. Moederskap is my roeping, identiteit en doel, moederskap is my selfstandige naamwoord. Ek het egter die besonderse verantwoordelikheid gekry om my hoe te ontdek. Ek het 'n opdrag van 'n hemelse siening gekry om die hoe te bepaal. God het my vir moederskap geskep, maar ek moes besluit watter soort ma ek sou wees.
As 'n ma is dit in die klaskamer van jou hart waar jy jou byvoeglike naamwoord kies. Jy is 'n ma en niks sal daardie wonderlike roeping van jou af wegneem nie. Tog moet jy onthou dat jy die enigste persoon op die aarde is wat gaan bepaal watter soort ma jy gaan word.
Gaan jy 'n ouer wees wat met vrede, vriendelikheid, vreugde en feesviering jou kinders grootmaak? Of gaan jy as ma 'n nalatenskap van woede, ongeduld, onredelike eise, en straf los? Dit is jou keuse.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.
More