Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se HartVoorbeeld
Die Babakamer
Wil jy saam met my stilletjies in die babakamer instap? Wil jy diep asemhaal, staar na die nuwe klein lewetjie, luister na 'n wiegeliedjie of twee, en dan die baba vashou?
Die babakamer is die kamer wat opsygesit word om te droom en vir 'n oomblik stil te sit en te dink aan wat voorlê. Daar is nie taaklysies in die babakamer nie, net die besef van hoe kortstondig verblyf in die babakamer eintlik is. Jy gaan nie vir altyd die babakamer nodig hê nie, maar jy sal altyd onthou wat 'n seën dit was om een in 'n kamer van jou hart te hê.
Wanneer 'n vrou oor die drumpel van moederskap tree, hou sy nie op om oor lewensveranderende lotsbestemmings te droom nie. Sy gee nie haar roeping tot grootheid prys of om van al haar planne as jong meisie oor die toekoms af te sien nie. Haar drome mag wel verander, hulle mag dalk versterk word deur die wagperiode, maar sy sal sterker en meer kreatief word, hoe meer tyd sy in die babakamer van haar hart deurbring en saam met die Vader droom.
In die lente van jou lewe moet jy blomme plant, nie sneeu skoffel nie. As jy in 'n herfsseisoen is, moet jy oes, nie bossies uittrek nie. So gaan dit ook met moederskap, jy moet weet in watter tydperk jy is en daarvolgens optree.
In die babakamer is daar nie hande geklap of diplomas en trofeë teen die mure nie, maar dit bly die spesiaalste kamer in die huis. Die babakamer is gevul met die aroma van soete tevredenheid.
Drome het nie 'n vervaldatum nie. Daar kom 'n dag en tyd wanneer die drome van jou jeug prioriteit gaan word. Weet tog, vir nou, gaan jou drome vervolmaak word terwyl jy sorg vir die jong lewens wat aan jou toevertrou is.
Droom jou drome, liewe mamma! Moenie die dag wat jy vir 'n baba begin sorg ophou leef nie. Jou lewe gaan ryker en sterker word as jy jouself heelhartig aan hierdie wonderlike, maar kort, lewenstydperk oorgee. Die dag gaan kom wat jou drome op die mees opwindende maniere sal waar word.
Aangaande hierdie leesplan
Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.
More