Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se HartVoorbeeld

Finding Joy in the Rooms of a Mother’s Heart

DAG 10 VAN 10

Die Voorportaal

Ons kinders behoort nie aan ons nie, ons leen hulle by ons hemelse Vader. Wat 'n wonderlike ooreenkoms tussen God en moeders! Ons word vir 18 jaar geroep om vennote te wees met die hemel, en 'n man of vrou vir die koninkryk van God groot te maak. 

Dit is 'n stapsgewyse proses en met elke stap word ons vir die laaste totsiens voorberei. Daar kom 'n dag wanneer die baba ophou soog en uit bekers begin drink. Daar kom 'n dag wanneer die baba wat net wou rondgedra word, besluit dis tyd om eerder self te loop. Daar kom 'n dag wanneer kinders self uit hul eie boeke wil lees. Al daardie ondervindinge vorm deel van die voorportaal van 'n ma se hart.

Leer om elke oomblik te geniet wat jy deurbring om 'n ander mens voor te berei om deel van God se plan te wees. Dit is 'n historiese geleentheid vir 'n vrou om van kardinale belang te wees in God se plan teen die donker wêreld. Hierdie toekomstige mans en vroue behoort aan God, nie aan jou nie. Laat hulle met blydskap vry en ondersteun hulle. Dit is wat moeders doen in die voorportaal van hul harte.

Hoekom kan klein dogtertjies nie aanhou giggel en dans nie? Is daar 'n wet daarteen om klein seuntjies klein te hou? Hoekom moet ons elke jaar op kinders se verjaarsdae 'n ekstra kersie op die koek bysit?

Daar is een ewige, eenvoudige, tog verwoestende antwoord op hierdie vrae: "Dit is God se plan dat kinders moet groot word en die huis verlaat.” God roep elke mens om groot te word en te gaan; jou kinders gaan nie uitgesonder word net omdat jy hulle ma is nie. Ons dien 'n God wat daarvan hou om te sien hoe sy baba voëltjies hul vlerkies sprei en begin fladder en later te sweef. Alhoewel ons 'n God dien wat nooit verander nie, is Hy 'n God wat daarvan hou om verandering te bring.

Die voorportaal is waar 'n moeder besluit om weer te begin en vir 'n nuwe doel te bid. Die voorportaal is waar avontuur en groter roepings woon. 'n Leë nes is nie so 'n leemte wanneer die treurende ma God toelaat om elke hoek van elke kamer van haar hart vol te maak nie.

Dit is die oomblik waarvoor jy geskep is, liewe mamma! Jy is geskep vir die voorportaal!

Praktiese aanwending:

Skryf 'n brief vir Carol by: carol@carolmcleodministries.com  en laat haar weet dat sy vir jou kan bid soos jy deur die kamers van 'n ma se hart reis.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Finding Joy in the Rooms of a Mother’s Heart

Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod