Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se HartVoorbeeld

Finding Joy in the Rooms of a Mother’s Heart

DAG 7 VAN 10

Die Gesinsvertrek

As die ma van die unieke afstammelinge wat jy gekry het, is jy die een wat die sleutels van die gesin vashou. In 'n groot mate hou jy die sleutel vas tot jou gesin se geluk, tevredenheid en die band wat gekweek word. 'n Ma is die een persoon wat kan besluit om die wonderwerk van gesinslewe te vereer. Sy weet dat geluk in die gesinsvertrek in haar hart plaasvind.

Kinders moet hulle eerste goeie herinneringe in hul ouerhuis beleef, wanneer 'n kind aan hul huis dink moet hulle sekuriteit, geloof, stabiliteit en geluk daarmee assosieer. Die gesinsvertrek is 'n plek van speletjies en lekker lag, dit word gekenmerk deur kreatiwiteit, innovering en tradisie. Die gesinsvertrek kan net sowel die beste vertrek in 'n ma se hart wees, want dit is waar eensgesindheid vervolmaak en identiteit gevestig word. Ons is 'n gesin as gevolg van die gebeurtenisse in die gesinsvertrek.

Een van die beste en langdurige geskenke wat jy vir jou kinders kan gee, is die geskenk van gesinstradisies. Tradisies word die gom wat die kinders se harte bymekaar hou terwyl hulle grootword. Die ma, wat die opsigter is van die sleutels tot die gesinsvertrek, is meestal verantwoordelik om tradisies te ontwikkel en daarmee vol te hou.

Tradisies is die mooiste en langdurige wyse waarop julle kan verklaar: "Ons is 'n gesin". Tradisie is 'n vakansiedag sonder 'n naam, dit word spesiaal op julle kalender gemerk. Die tradisies wat jy vandag in jou huis vestig is die herinnering waaraan jou kinders môre gaan vashou. 

Jou hart is jou kinders se middelpunt en jy moet jouself herinner dat hulle lewens om jou draai. Jy is hulle huis, hulle hoop, en hulle bron. Ek hoop jy sal onthou, wanneer die skottelgoedbak volgepak is en die wasgoedmandjie oorloop, en jy vir dae lank al nie hare gewas het nie, dat jy sal weet hoe onvervangbaar jy in die gesinsvertrek is.

Tradisies is die verhale wat gesinne saam skryf. Hierdie verhale wat tradisies skryf word in jou kinders se harte gevind lank nadat hulle groot is en uitgetrek het. Liewe mamma, hou aan om jou verhaal te skryf.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Finding Joy in the Rooms of a Mother’s Heart

Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod