Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se HartVoorbeeld
Die kombuis
Net soos 'n ma die hart van die gesin is, is die kombuis die hart van die huis. Die kombuis is die plek waar heerlike maaltye voorberei word, waar liefde geproe word, en waar die aroma van eerlike omgee oor mekaar seëvier. Die kombuis is gereeld die vertrek in die huis waar speletjies gespeel word, lekker oop gesprekke plaasvind en waar begrip oorvloedig bedien word.
Dit is glad nie 'n geheim dat moederskap uitputtend is nie; daar is baie dae wanneer jy voel asof jou emosionele emmer begin leegloop. Kan ek tog 'n geheim met jou deel hier in die kombuis van jou hart? Ek glo dat God die jare van moederskap beplan het om die jare van emosionele oorvloed te wees, nie emosionele hongersnood nie. God wil graag hê dat die tydperk van aaneenlopende moederskap, jare van bevredigende herinneringe en hernude krag vir jou sal wees, dit is hoekom ons 'n geruime tyd in die kombuis van jou hart sal wees.
Jy hoef nie voor te gee dat jy 'n perfekte ma is nie, want jy het 'n volmaakte God wat elke dag en nag tot jou beskikking is. Dit is in die kombuis van jou hart waar sy teenwoordigheid die smaaklikste is en sy karaktereienskappe se geure intens is. Dit is die plek waar jy jouself kan marineer in alles wat Hy is en alles wat Hy vir jou wil doen.
Dit is in die kombuis van jou hart waar jy jou prioriteite moet stel. As jy nie geestelik gesond is nie, sal jy nooit emosioneel gesond wees nie. Jy sal nooit die emosioneel stabiele ma wees voordat jy nie jou prioriteite reg stel nie. Jy moet elke dag vir jouself 'n groot porsie intimiteit met Christus skep sodat jy die toepaslike emosies aan jou kinders kan bedien.
'n Ma moet haar denke, emosies en hart instel om in die hede te leef. Sy moet vasberade wees om in elke oomblik ten volle vir haar kinders teenwoordig wees. Jy is in jou element wanneer jou dag 'n bredie vol giggels, los tande en wetenskap projekte is. Hierdie soort lewe is soveel meer bevredigend as 'n skoon huis, die perfekte grimering of ontwerper kledingstukke. Dit is 'n heerlike, smaaklike lewe!
Aangaande hierdie leesplan
Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.
More