Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se HartVoorbeeld
Die Gebedskamer
Jou hart se gebedskamer is 'n stil plek, maar tog 'n vertrek van ongeëwenaarde krag en standvastige doelwitte. Jou grootste stryde as 'n ma sal in jou hart se gebedskamer geveg en gewen word. Indien jy weier om tyd in jou hart se gebedskamer deur te bring, sal jy altyd gefrustreerd en ongeduldig voel en jou kinders die grootste gawe ontsê wat jy vir hul kan gee. Deur toegewyd en getrou vir jou kinders te bid, word jou gebed die kanaal waardeur die krag van God en sy seëninge oor hul lewens gegiet word.
Die kind wie se ma bid is toegerus met meer as wat 'n elite-instelling, suksesvolle familie onderneming of 'n miljoen rand se erfenis kan bied. Jou gebede sal vir dekades langer as wat jy leef steeds jou kinders volg. In die hart van 'n moeder, moet die roeping om te bid meer prominent wees as om winkel toe te gaan, te sosialiseer, of te oefen. Jy moet gebed prioritiseer ... jy moet eenvoudig net. Jy moet ure in hierdie herstellende en oortuigende ruimte van jou hart deurbring. In hierdie plek sal jy deur jou kinders se lewens baie grondgebied vir die koninkryk van God wen.
Die grootste hulpbron van ouerskap wat jy gekry het is die bron van gebed. Deur gebed kan jy verseker dat jou kinders in die Een se hande en hart is wat hulle voor die grondlegging van die wêreld geskep het. Deur gebed kan jy verseker dat die Een wat die meeste omgee, agter die skerms besig is om wonderwerke te laat gebeur.
Wanneer jy met vrymoedigheid in God se teenwoordigheid tree, sal Hy daar wees om te luister na jou bekommernisse as 'n moeder en om jou te help. Vertel Hom, sonder vrees, wat jou en jou kinders se behoeftes is. Hy wil weet! Hy wil hoor wat in jou hart is en wil jou vennoot wees in die uitdagende taak van moederskap.
Dit is 'n ewige en glorieryke doel! As 'n gelowige en 'n ma is dit jou werk om vir God te vra. Hy is toegewyd in sy Woord om vir jou en jou kind, volgens sy wil, te gee wat julle nodig het.
Gaan jy bid?
Aangaande hierdie leesplan
Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.
More