Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se HartVoorbeeld

Finding Joy in the Rooms of a Mother’s Heart

DAG 2 VAN 10

Die Geboortevertrek

Op 'n baba se geboortedag word meer as net die baba gebore, want in die plek van die bloed, pyn en geesteskrag word 'n ma ook gebore. Die swanger vrou wat die hospitaal instap verskil van die vrou wat met 'n klein babatjie in haar arms daar uitstap. Die vrou wat geseën word met die wonder vanuit 'n ander vrou se baarmoeder, word skielik 'n opvallend verskillende persoon op die oomblik wanneer hare myne word.

Die geboortevertrek in 'n ma se hart verskil van enige ander vertrek as gevolg van die wonderwerke wat plaasvind gedurende die proses en op die reis. Daar vind 'n wonderwerk plaas vir jou, liewe ma, en dit gebeur in die geboortevertrek van jou hart.

Om geboorte te gee, fisiek of deur aanneming, ontbloot alles van ons innerlike aan almal om ons. Dit is juis om hierdie rede wat jy versigtig moet wees wie jy uitnooi na die plek waar jy aan identiteit en roeping geboorte gee.

Die geboortevertrek van jou hart moet vol mense wees wat jou liefhet en ondersteun. Ek sal altyd swanger vroue aanraai om nie te luister na die afgryslike verhale van ander nie, maar eerder te luister na die positiewe getuienisse van dié wat die doel raaksien ten spyte van die pyn. Terwyl jy streef om die lotsbestemming van God vir jou lewe te laat gebeur, moet jy luister na diegene wat jou wil bemoedig en jou hand wil vashou gedurende die oorgang.

Moederskap skep ook die grootste werk wat jy ooit sal beleef aan hierdie kant van die ewigheid. Die grootste werk wat jy sal verrig vind plaas binne die vier mure van jou huis. Die grootste werk wat jy sal verrig, sal tussen die gewone mense plaasvind wie se harte aan jou behoort.

Jy, as 'n doodgewone vrou, het geboorte gegee op God se roeping vir die volgende geslag. Jy, as 'n deelnemer in God se plan, het 'n unieke kind ontvang, selfs al is jou liggaam nie self deur die pyn van geboorte nie; jou hart is deur die pynlike wagperiode vir God om op sy spesiale manier vir jou 'n kind te gee. Die hande van die groot Geneesheer sien selfs nou om na jou in jou pyn en in jou verwagtinge. Hy ontmoet jou in die geboortevertrek van jou hart.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Finding Joy in the Rooms of a Mother’s Heart

Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod