WagVoorbeeld

Wait

DAG 10 VAN 10

Die lewe kan baie besig raak. Wanneer dinge besig raak, is tyd saam met Jesus die eerste ding wat ons nalaat, in plaas daarvan om die eerste ding te wees waarheen ons gaan.

Ons wil jou vandag 'n paar minute gee om afsondering te beoefen.

Prakties gesproke, is afsondering om jou te onttrek en na God te luister. Dit is om stil te wees, geduldig te wees, om te wag. Gedurende afsondering, vra jy vir God om met jou te praat terwyl jy Hom ononderbroke tyd gee om jou behoefte aan Hom te demonstreer en om Hom toe te laat om in jou hart te werk. 

Verwyder alle afleidings, maak jou denke stil, en gebruik die volgende vyf tot 10 minute om jou hart op Hom te rig en op die Here te wag. 

Vra God om met jou te praat en gee Hom jou onverdeelde aandag.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Wait

Ons lewe in 'n era van spoed en gerief. Dit wil voorkom asof ons, as mense, al hoe ongeduldiger word. Waar kom die ongeduld vandaan? Hoe beveg ons dit? Kom saam op hierdie 10-dae reis waar ons dit uitpluis.

More

Baie dankie aan LCBC Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lcbcchurch.com/students