WagVoorbeeld

Hoe reageer jy wanneer iemand 'n fout maak?
Spreek jy hulle aan, word vir hulle kwaad, wys jou woede en frustrasie openlik? Praat jy agteraf sleg van hulle?
Of benader jy hulle met sagtheid en begrip?
Paulus herinner Jesus se volgelinge dat ons met geduld vervul moet wees en mekaar in liefde moet verdra.
Die idee om mekaar te verdra, gee te kenne dat daar wel konflik en spanning bestaan. 'n Ander manier hoe jy dit kan stel is — om mekaar te verduur.
Ons moet leer om iemand lief te hê wat ons tot raserny dryf en met hulle geduldig wees.
Dit is natuurlik makliker gesê as gedaan.
Die volgende keer wanneer iemand jou tot ongeduld dryf, wag 'n oomblik. Bid en vra vir God om jou op daardie oomblik geduld te gee sodat jy daardie persoon met liefde en vriendelikheid kan behandel.
Aangaande hierdie leesplan

Ons lewe in 'n era van spoed en gerief. Dit wil voorkom asof ons, as mense, al hoe ongeduldiger word. Waar kom die ongeduld vandaan? Hoe beveg ons dit? Kom saam op hierdie 10-dag reis waar ons dit uitpluis.
More
Verwante Leesplanne

Geduld

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

GAAN JY HOM MIS?

As ek weer kon sê (vir groepe)

Kaalvoet Sielsgedagtes

Skeppingsdoel van die Mens

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.
