WagVoorbeeld
![Wait](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24066%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wanneer was jy laas onderbreek?
Ek weet nie van jou nie, maar dit kan maklik wees om jou humeur en geduld te verloor wanneer ons besig is en iets ongevraagd en onverwags onderbreek ons.
In die Skrifgedeelte wat jy sopas gelees het, het 'n man met die naam Jaïrus na Jesus gekom en vir Hom gesê sy 12-jarige dogter was sterwend.
Jesus het ingestem om na Jaïrus se huis te gaan om sy dogter gesond te maak. Op pad na Jaïrus se huis het 'n vrou wat al baie jare siek was, uit die skare gekom en aan Jesus se kleed geraak. Dit was 'n onderbreking — 'n verandering van planne.
Wat het Jesus gedoen? Hy het stil gaan staan. Hy het sy volle aandag aan die vrou gegee, haar 'n paar vrae gevra, tyd aan haar bestee en haar gesond gemaak.
Stel jouself voor jy was Jaïrus. Hoe sou jy reageer het?
Ek weet nie van jou nie, maar ek sou 'n bietjie ontsteld, verward en miskien selfs vir Jesus kwaad gewees het. Ek sou gedink het: "Kom nou! Ons moet gaan. NOU!"
Wel, ons weet nie vir seker hoe Jaïrus reageer het nie. Die Skrif sê nie.
Daar word nie vermeld of Jaïrus enigiets gesê het nie. Sover ons weet, het hy nie vir Jesus aangejaag of Hom herinner aan sy sterwende dogter nie.
Ons kan aanneem dat Jaïrus net gestaan en wag het vir Jesus om die vrou gesond te maak. Hy het geduldig gewag.
In plaas daarvan om uit woede of frustrasie teenoor Jesus te reageer, het Jaïrus begrip getoon.
Het jy daardie soort geduld? Het jy die soort geduld wat kan staan en wag wanneer dinge nie volgens plan verloop nie? Hoe kan jy begrip teenoor iemand anders toon in 'n situasie wanneer jy die volgende keer onderbreek word?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Wait](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24066%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons lewe in 'n era van spoed en gerief. Dit wil voorkom asof ons, as mense, al hoe ongeduldiger word. Waar kom die ongeduld vandaan? Hoe beveg ons dit? Kom saam op hierdie 10-dag reis waar ons dit uitpluis.
More